Tel die dae af tot by KersfeesVoorbeeld

28 Days to Christmas

DAG 23 VAN 29

Net soos Maria uitgekies was om die moeder van Christus te wees, was Josef uitgekies om Jesus se aardse vader te wees. God het sy vertroue in Josef se karakter getoon toe Hy die nederige timmerman vertrou het met die opvoeding van sy Seun. Een van die maniere waarop Josef vir Jesus opgevoed het, was om Hom te leer hoe om dinge uit hout te maak. Jesus het waarskynlik as timmerman gewerk tot hy 30 jaar oud was.

Gee aan elke kind 'n klein hamer, spykers en 'n paar liggewig stukke hout. Wys hulle hoe om 'n spyker in te slaan, en afhangende van hul vermoë, hoe om stukke hout aanmekaar te spyker. Stel jou voor hoe Jesus en Josef langs mekaar gewerk het. Wat is van die dinge wat Josef vir Jesus sou geleer het om te maak?

Vir nog meer, besoek http://www.thrivingfamily.com/advent

Aangaande hierdie leesplan

28 Days to Christmas

Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!

More

Ons wil graag "Focus on the Family" en thrivingfamily.com bedank vir hierdie leesplan wat hulle beskikbaar gemaak het. Besoek thrivingfamily.com/ vir meer inligting