Tel die dae af tot by KersfeesVoorbeeld

28 Days to Christmas

DAG 28 VAN 29

Jesus is in 'n stal gebore en is in 'n dier se voerbak neergelê. Alhoewel dit nie die plek is waar jy sou verwag dat 'n koning sou slaap nie, was dit al wat Josef en Maria op hierdie wonderbaarlike nag beskikbaar gehad het.

Gebruik lakens om 'n "stal" te maak wat groot genoeg is sodat die gesin daar kan inkruip. Gebruik 'n flitslig as lantern en kies opgestopte diere om die diere na te maak wat moontlik met Jesus se geboorte teenwoordig was. Gesels met jou kinders oor alles wat rondstaan, die klanke en reuke in die stal. Hierdie nederige woning was die geboorteplek van ons Verlosser en Koning.

Vir nog meer, besoek http://www.thrivingfamily.com/advent

Aangaande hierdie leesplan

28 Days to Christmas

Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!

More

Ons wil graag "Focus on the Family" en thrivingfamily.com bedank vir hierdie leesplan wat hulle beskikbaar gemaak het. Besoek thrivingfamily.com/ vir meer inligting