Tel die dae af tot by KersfeesVoorbeeld

28 Days to Christmas

DAG 27 VAN 29

Die wyse manne was vername mans uit die Ooste wat 'n lang afstand gereis het om aan Jesus eer te bewys na sy geboorte. Hulle het 'n ster gevolg wat hulle uiteindelik na die Christuskind gelei het.

Neem jou kinders op 'n reis deur julle huis en soek na verskuilde sterre in elke kamer. Dit kan ster-ornamente, -plakkers of net getekende sterre wees. Sluit die soektog voor julle kersboom af en laat elke kind die ster van sy of haar keuse aan die boom ophang as 'n simbool van julle (en die wyse manne se) reis.

Vir nog meer, besoek http://www.thrivingfamily.com/advent

Aangaande hierdie leesplan

28 Days to Christmas

Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!

More

Ons wil graag "Focus on the Family" en thrivingfamily.com bedank vir hierdie leesplan wat hulle beskikbaar gemaak het. Besoek thrivingfamily.com/ vir meer inligting