Leesplan inligting

Hoor Elke Oggend Van GodVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 3 VAN 14

Eerste Reaksie



Soms verbaas ek my hoe lank ons met 'n saak kan worstel voordat ons daaraan dink om met God daaroor te praat en na Sy stem te luister. Ons kla oor ons probleme; ons mor; ons murmureer; ons vertel ons vriende; en ons praat oor hoe ons wens dat God iets daaromtrent sal doen. Ons worstel met omstandighede in ons gedagtes en emosies, terwyl ons dikwels nalaat om voordeel te trek uit die eenvoudigste oplossing wat daar is: gebed. Maar, nog erger, dan maak ons seker die mees verregaande stelling onder die son: "Wel, ek veronderstel al wat ek nou kan doen is bid." Ek is seker jy het dit voorheen gehoor en miskien selfs gesê. Ons almal het. Ons is almal daaraan skuldig dat ons gebed as 'n laaste uitweg sien en dinge sê soos, "Wel, niks anders help nie, so miskien moet ons maar bid." Weet jy wat dit vir my sê? Dit sê vir my dat ons nie regtig in die krag van gebed glo soos ons moet nie. Ons dra laste wat ons nie hoef te dra nie - en die lewe is baie moeiliker as wat dit behoort te wees - want ons besef nie hoe kragtig gebed is nie. As ons dit besef het, sou ons met God gepraat en geluister het na wat Hy oor alles sê, nie as 'n laaste uitweg nie, maar as 'n eerste reaksie.



God se Woord aan jou vandag: Laat gebed jou eerste reaksie wees, nie jou laaste uitweg nie.



Uit die boek "Hearing from God Each Morning" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

Ons word vandag omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die gepraat om ons - ons kinders, vriende, wederhelf, en deur onsself. Al hierdie geluide lei ons aandag af sodat ons gou vergeet hoe om na die belangrikste ste...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid