Leesplan inligting

Hoor Elke Oggend Van GodVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 5 VAN 14

Sag en Sensitief



In vandag se vers, belowe God om harte van klip met harte van vlees te vervang. Met ander woorde, Hy kan 'n hardvogtige persoon omskep in 'n sagmoedige, sensitiewe persoon.



Wanneer ons ons lewens aan God gee, plaas Hy 'n sin van reg en verkeerd in ons gewete. Maar as ons te veel kere teen ons gewete rebelleer, kan ons hardvogtig word. As dit gebeur, moet ons God toelaat om ons harte te versag sodat ons geestelik sensitief kan wees vir die leiding van die Heilige Gees.



Ek was baie hardvogtig voordat ek regtig met God gemeenskap gehad het. Om gereeld in sy teenwoordigheid te wees, het my hart versag en my baie meer sensitief vir Sy stem gemaak. Sonder 'n hart wat sensitief is vir die aanraking van God, sal ons baie kere dit nie herken dat Hy met ons praat nie. Hy praat saggies, in 'n stil stem of met sagte oortuiging oor 'n saak.



'n Hardvogtige persoon is ook in gevaar om ander mense seer te maak en nie eens daarvan bewus te wees dat hulle dit doen nie, en dit maak God se hart seer. Diegene wat hardvogtig is en besig om hul eie ding te doen, sal nie sensitief wees vir God se wil of stem nie. God wil ons harte versag met Sy Woord, want 'n verharde hart kan nie Sy stem hoor of die baie ander seëninge ontvang wat Hy smag om aan ons te gee nie.



God se woord vir jou vandag: Hou jou hart sag en sensitief vir God se stem.



Uit die boek "Hearing from God Each Morning" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

Ons word vandag omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die gepraat om ons - ons kinders, vriende, wederhelf, en deur onsself. Al hierdie geluide lei ons aandag af sodat ons gou vergeet hoe om na die belangrikste ste...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid