Leesplan inligting

Hoor Elke Oggend Van GodVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 2 VAN 14

Hulp Is Hier



Baie mense het Jesus as Redder en Heer ontvang. Hulle sal hemel toe gaan, maar baie sal nooit die volle vermoëns van die Heilige Gees, wat vir hulle beskikbaar is, ondervind of die ware sukses ervaar soos wat God wil hê hulle op aarde moet geniet nie. Eenvoudig gestel, baie sal op pad hemel toe wees, maar nie die reis geniet nie.



Ons kyk dikwels na dié met rykdom, status en mag en ons sien hulle as "suksesvol". Maar baie mense wat as suksesvol beskou word, het 'n tekort aan vrede, geluk, tevredenheid en ander ware seëninge. Sulke mense het nooit geleer hoe om ten volle afhanklik te wees van die krag van die Heilige Gees nie.



Mense wat selfvoldaan is, dink dikwels om afhanklik van God te wees, 'n teken van swakheid is. Maar die waarheid is, deur van die Heilige Gees se vermoëns afhanklik te wees, kan hulle meer in hulle lewens bereik as wat hulle ooit deur hulle eie krag kan doen.



God het ons op so 'n manier geskape, dat al het ons sterkpunte, het ons ook swakpunte en daarom het ons Sy hulp nodig. Ons weet Hy wil ons help, want Hy het 'n Goddelike Helper gestuur, die Heilige Gees, om binne ons te leef.



Ons sukkel dikwels onnodig, want ons wil nie die hulp wat vir ons beskikbaar is, gebruik nie. Ek moedig jou aan om op Hom staat te maak en nie op jou eie krag nie. Watter probleme jou ook al in die gesig staar, jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie.



God se woord vir jou vandag: Jou slegste dag saam met God sal beter wees as jou beste dag sonder Hom. Die Heilige Gees is hier om met jou te praat en jou te help in elke situasie waar jy vandag hulp nodig het.



Vanaf die boek "Hearing from God Each Morning" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

Ons word vandag omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die gepraat om ons - ons kinders, vriende, wederhelf, en deur onsself. Al hierdie geluide lei ons aandag af sodat ons gou vergeet hoe om na die belangrikste ste...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid