Leesplan inligting

Hoor Elke Oggend Van GodVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 6 VAN 14

God Sal Jou Siel Herstel



Vir 'n tydperk in my lewe, het ek wat ek nie wou hê nie bestraf omdat ek gedink het dit moet van die duiwel wees. Ek sê dat ek bestraf het totdat my "bestrafer" net heeltemal uitgeput was. Maar toe het ek ontdek dat baie van wat ek probeer bestraf het, van God af was. Baie van die dinge waarvan ek nie gehou of wou hê nie, was dinge wat God toegelaat het vir my groei en ontwikkeling.



Die skrywer van Hebreërs het gesê dat ons ons aan die dissipline van God moet onderwerp. Hy tugtig ons net omdat Hy ons liefhet. Moenie probeer om dit te weerstaan wat God vir jou beswil wil gebruik nie. Vra die Here om 'n diepe en deeglike werk in jou te doen sodat jy alles kan wees wat Hy wil hê dat jy moet wees, doen alles wat Hy wil hê jy moet doen en aanvaar alles wat Hy vir jou wil hê. Gedurende die jare waarin ek enigiets wat pynlik of moeilik was weerstaan het, het ek, om die eenvoudige waarheid te sê, nie geestelik gegroei nie. Ek het om en om dieselfde ou berge (probleme) gedraai. Uiteindelik het ek besef dat alhoewel ek pyn probeer vermy, ek in elk geval pyn het. Die pyn om te bly soos ons is, is baie erger as die pyn van verandering.



Ons persoonlikheid is ons siel (verstand, wil en emosies), maar dit word dikwels deur ons ervarings in die wêreld gewond. God belowe om ons siele te herstel as ons ons samewerking gee met die werk van die Heilige Gees in ons. Ek het 'n gebroke siel gehad, wat sonder vrede of vreugde was, maar God het my gesond gemaak en Hy wil dieselfde vir jou doen.



God se woord vir jou vandag: Maak jou siel vir God oop en vra Hom om elke wond en kneusplek te genees.



Uit die boek "Hearing from God Each Morning" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

Ons word vandag omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die gepraat om ons - ons kinders, vriende, wederhelf, en deur onsself. Al hierdie geluide lei ons aandag af sodat ons gou vergeet hoe om na die belangrikste ste...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid