Hoor Van God Elke Oggend

Bybeldagboek
God Praat op Baie Maniere



In vandag se vers verklaar God dat hy praat, en dan praat Hy met geregtigheid. Ons kan altyd daarop staatmaak dat wat hy sê, reg is. Die maniere waarop God met ons praat sluit in, maar is nie net beperk nie, deur: Sy Woord, die natuur, mense, omstandighede, vrede, wysheid, bonatuurlike ingryping, drome, visioene, en wat sommige na verwys as "Die Innerlike Getuienis" wat die beste beskryf word as die "wete" diep binne ons harte. Hy praat ook in wat die Bybel 'n "sagte, stil stem" noem, wat ek ook glo verwys na die innerlike getuienis.



God praat ook deur die gewete, deur ons begeertes en in 'n hoorbare stem, maar onthou altyd dat wanneer Hy praat, dit wat Hy sê, altyd reg is en ooreenstem met die geskrewe Woord. Ons hoor selde God se hoorbare stem, al gebeur dit tog. Ek het Sy hoorbare stem drie of vier keer in my lewe gehoor. Op twee van die geleenthede het ek geslaap en Sy stem het my wakker gemaak slegs deur my naam te roep. Al wat ek gehoor het was "Joyce," maar ek het geweet dit was God wat praat. Hy het nie gesê wat Hy wou hê nie, maar ek het instinktief geweet dat Hy my roep om iets spesiaal vir hom te doen, al het dit 'n paar jaar geneem voordat dit duidelik geword het.



Ek wil jou aanmoedig om God se hulp te vra dat jy Sy stem sal hoor op enige manier wat Hy verkies om met jou te praat. Hy is lief vir jou; Hy het goeie planne vir jou lewe; en Hy wil met jou oor hierdie dinge praat.



God se woord vir jou vandag: God praat op baie maniere; onthou net - Hy sal nooit die Bybel weerspreek nie.



Uit die boek "Hearing from God Each Morning" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.