Ek weet ditVoorbeeld

This I Know

DAG 8 VAN 28

Ek weet dit: Liefde

Wat Is Ware Liefde?  

Waarneming (Hierdie is 'n kans om na te dink.) 

  • Ons wil almal liefgehê voel. Ons sal dalk probeer om liefde in die wêreld te soek deur: verhoudinge, geld, sukses, ensovoorts. Die Woord van God vertel ons tog dat ware liefde by Jesus begin. 

Oordenking (Hierdie is 'n geleentheid om wat jy gelees het toe te pas op jou lewe.) 

  • Weet jy dat jy geliefd is? Die wonderlikste verhaal wat die wêreld nog ooit gehoor het is die verhaal van hoe lief God sy mense het, en dis geskryf met JOU in gedagte. Vra God om vir jou te wys hoe lief Hy jou het.  

Aangaande hierdie leesplan

This I Know

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/