Ek weet ditVoorbeeld

This I Know

DAG 2 VAN 28

Ek weet dit: Waarheid  

Nooi die Waarheid Uit Om Jou Lewe Binne te Kom

Waarneming 

  • Diegene wie Jesus geken het, het gesien dat Hy sy Vader se wil gevolg het. Ons weet dat daar niks vals in Jesus was nie, want hy het die waarheid geleer, gepraat en gelees. Hy het in die waarheid gelewe. Hy het selfs wanneer dit moeilik was naby aan God gebly.  

Dink daaroor na  

  • Waarheid is 'n Persoon, en soos met enige ander persoon, kan ons Jesus in ons lewens innooi. Ons weet ons kry die waarheid wanneer ons na Jesus luister. Gebruik nou hierdie kans en nooi Jesus uit om die waarheid in jou lewe te wees — miskien nou vir die eerste keer, of vir die eerste keer in 'n lang tyd.  

Aangaande hierdie leesplan

This I Know

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/