Leesplan inligting

Hanteer Vrees in Onseker TyeVoorbeeld

Dealing with Fear in Uncertain Times

DAG 1 VAN 5

Ek Sal Nie Vrees Nie!  


Daar was 'n tyd in my lewe toe ek meer vrese gehad het as wat ek kon tel. Ek was altyd bang dat die ergste sou gebeur. Ek was bekommerd oor finansies, ons kinders, die toestand van die wêreld en wat die toekoms sou bring. As gevolg daarvan het ek nie my lewe geniet of die vrede gehad wat God vir my wou gee nie. 



Vrees is een van die belangrikste wapens wat Satan gebruik om te keer dat ons vorentoe kan beweeg en die goeie lewe geniet wat God vir ons bestem het. Veral as iets negatiefs gebeur, wil die vyand seker maak dat ons op die "wat as" gedagtes konsentreer, en ons lewe met bekommernis en angs gevul is. Hy wil ons aandag aflei van die begeerte om op God se liefde en getrouheid te konsentreer.



Die Bybel sê: "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees… (1 Joh 4:18) Die teenmiddel vir vrees is om God se liefde te verstaan! God wil hê ons moet weet hoe lief Hy ons het en dat Hy begeer om ons te help. 



Wanneer ek aan my eie kinders dink, veral toe hulle klein was, weet ek dat daar omtrent niks was wat ek nie sou doen om hulle te help as hulle in die moeilikheid was nie. Of as iemand hulle probeer seermaak, moes hulle oppas...want niemand kom tussen 'n ma en haar kinders nie! 



As ons so oor ons kinders voel, hoe dink jy voel God oor ons? Hy het ook geen beperkinge soos ons nie. Niks is vir Hom onmoontlik nie — Hy kan ons in elke omstandigheid help, met elke geleentheid.



Hebreërs 13:5-6 is een van my gunsteling Skrifgedeeltes. Kyk wat sê God oor jou: "…Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”



Onthou dat God groter as jou bekommernisse, jou probleme en jou vrese is, ongeag wat jy vandag moet hanteer. Hy weet presies wat jy nodig het, selfs voor jy dit besef en Hy geniet dit om vir jou te sorg.



Bid: "God, as ek bang is, help my om op u liefde en getrouheid te konsentreer. Vul my hart met u vrede, veral in moeilike tye van onsekerheid, en help my om op U te vertrou. In die Naam van Jesus, amen."


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Fear in Uncertain Times

Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou me...

More

Baie dankie aan "Joyce Meyer Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://joycemeyer.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid