Leesplan inligting

Hanteer Vrees in Onseker TyeVoorbeeld

Dealing with Fear in Uncertain Times

DAG 3 VAN 5

Oorkom Vrees met Geloof 


Vrees kan baie vorms aanneem — bekommernis, angs, paniek en verskrikking. Dis egter so belangrik dat ons vrees sal oorkom, want dit kom nie van God af nie. 



Selfs al beleef ons tye van onsekerheid of moeilikhede in ons lewens, wil God hê dat ons moet glo Hy is saam met ons daarin en dat Hy wonderlike dinge kan doen. Hy wil hê dat ons hoopvol en positief sal bly!



Geloof is die teenoorgestelde van vrees. Hebreërs 11:1 sê dat geloof ons toelaat om te glo dat God besig is om iets wonderliks te doen, nog voor dit gebeur Geloof het die vermoë om ons dinge te laat glo wat nie in ons verstand sin maak nie.



Een van die vele maniere waarop ons geloof beoefen, is deur wat ons . Al lyk dit nie of goeie dinge aan die gebeur is nie, is dit belangrik om te sê wat God se woord oor die omstandigheid te sê het. 



Wanneer jy deur 'n moeilike tyd gaan of die ergste verwag, moedig ek jou aan om iets te sê soos: 



"God het 'n wonderlike plan vir my lewe en ek glo dat iets goeds vandag gaan gebeur!" (sien Jeremia 29:11)



"My toekoms is blink en ek hoef oor niks bekommerd te wees nie — God sorg vir my. Die Here se goedheid en guns sal my elke dag van my lewe volg!" (sien Filippense 4:6 en Psalms 23:6)



"Ek hoef nie bang te wees nie, want God is altyd by my." (sien Josua 1:9)



Om in geloof te leef beteken nie dat ons die omstandighede ignoreer nie, maar dit beteken dat ons kies om op God te fokus en te glo dat Hy groter is as enigiets waardeur ons gaan. (sien Efesiërs 3:20)



Bid: "Dankie, God, dat u vir elke besonderheid van my lewe sorg. Wanneer ek onseker is, help my om u woord meer te glo as my twyfel en vrees. Help my om woorde van geloof uit te spreek en te praat oor dit wat U oor my omstandigheid te sê het. Ek weet dat U groter as my vrese is en dat U goeie dinge vir my toekoms beplan. In die Naam van Jesus, amen." 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Fear in Uncertain Times

Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou me...

More

Baie dankie aan "Joyce Meyer Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://joycemeyer.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid