Leesplan inligting

Hanteer Vrees in Onseker TyeVoorbeeld

Dealing with Fear in Uncertain Times

DAG 5 VAN 5

Vrede Te Midde Van Die Storm


Wanneer die lewe jou oorweldig, is daar net een plek waarnatoe ons kan gaan vir ware, langdurige vrede — Jesus Christus. Hy is die "Vredevors" (sien Jesaja 9:6) en die Bybel sê hy is 'n skuilplek teen die storm. (sien Jesaja 4:6) 



Ek het altyd gedink as ek van al my probleme ontslae raak, sal ek vrede hê. Dit was 'n wonderlike dag toe die Here my gehelp het om te besef dat ek na Hom toe kan kom vir vrede te midde van my probleme. 



Dit herinner my aan die ou lied: "Turn your eyes upon Jesus." Dis wat die koorgedeelte sê: 


Turn your eyes upon Jesus,


Look full in His wonderful face;


And the things of the earth will grow strangely dim


In the light of His glory and grace.



Jy sien, wanneer ons ons sorge en bekommernisse na God toe neem en tyd saam met Hom deurbring, verheerlik ons Hom en maak Hom "groter" in ons eie oë. Wanneer ons dit doen, lyk al ons probleme en bekommernisse ewe skielik kleiner. In vergelyking met God sal hulle verflou en niksbeduidend word. 



Jou probleme is dalk groot en hulle is geensins niksbeduidend vir God nie. Wanneer jy egter na Hom kyk, gee Hy jou perspektief.  



Ek hou baie van Matteus 11:28. Jesus sê: "Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.



Wanneer ons "na Hom toe" kom — wanneer ons God se woord lees, 'n aanbiddingslied sing of net sit en Hom vertel hoe goed Hy is — vat Hy al ons bekommernis, angs, vrees en hartseer en verruil dit vir sy vrede, vreugde hoop en liefde. 



Wanneer jy bekommerd en angstig voel, is dit maklik om paniekerig te raak en vrees die oorhand te laat kry. Dis wanneer jy tot rus moet kom, stil moet word en op Jesus moet konsentreer. Hy is altyd by jou, enige tyd van die dag beskikbaar as jy na Hom wil roep vir bonatuurlike vrede. 



Bid: "Vader, ek kom nou na U toe. Dankie vir U wonderbare liefde en dat U so goed vir my is. U krag, leiding en beskerming maak 'n verskil in my lewe. Help my om altyd my oë op U gevestig te hou en u bonatuurlike vrede en vertroosting te ontvang. In die Naam van Jesus, amen." 



Soek jy meer?


As jy hierdie studie geniet het, nooi ons jou om na hierdie video en verwante artikels deur Joyce Meyer te kyk. Wanneer "die lewe sy gang gaan", hoef jy nie deur vrees beheer te word nie. Jy kan met vertroue in God se liefde leef en Hom vertrou om altyd vir jou te sorg.



Lees die verwante artikels. 


 


 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Fear in Uncertain Times

Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou me...

More

Baie dankie aan "Joyce Meyer Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://joycemeyer.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid