Leesplan inligting

Hanteer Vrees in Onseker TyeVoorbeeld

Dealing with Fear in Uncertain Times

DAG 4 VAN 5

Dit Sal Ook Verbygaan


Soms, in 'n moeilike tyd, dink ons nie dat ons daardeur gaan kom nie. God belowe ons egter in sy woord, as ons op Hom staatmaak, sal Hy nooit toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie. (Sien 1 Korintiërs 10:13) 



In 2 Korintiërs 12:9 staan dat sy krag juis tot volle werking kom wanneer ons swak is. Dit beteken dat God sy krag deur ons wil bewys wanneer ons deur moeilike tye gaan. 



Ons gesin sê altyd in moeilike tye: "Dit sal ook verbygaan." Dis 'n belangrike herinnering dat swaar tye nie vir ewig sal aanhou nie.



Die waarheid is dat ons probleme nie sal verander as ons daaroor ontsteld raak nie. Ek het egter geleer as 'n mens 'n positiewe houding kies, kan dit 'n verskil maak. Wanneer slegte dinge gebeur of as ons oor die toekoms onseker is, is dit baie moeilik om positiewe dinge te sê. Dit help om te onthou dat dinge sal verander...'n nuwe seisoen is net om die draai.


Wanneer ek midde in 'n moeilike tyd is, kies ek om Skrifgedeeltes soos Romeine 8:35-39 te oordink. Ek herinner my daaraan dat God lief is vir my, ongeag hoe moeilik die lewe op daardie oomblik is. Ek rig my gedagtes op sy krag en vermoë om my deur die omstandigheid te neem. As ek dit doen, raak my geloof sterker.



In moeilike tye is dit maklik om te dink: Ek kan dit nie doen nie — dis net te moeilik. Wees bedag op sulke denke. Wanneer jy dit herken, verruil dit vir Godgegewe denke soos:



Ek kan alles doen wat ek moet, want God is by my. Dit sal ook verbygaan. (sien Filippense 4:13 en Psalms 16:8)



Bid: "Baie dankie, God, vir die krag om deur hierdie seisoen te gaan. Ek weet dat U by my is en dat dit nie vir ewig sal aanhou nie. Help my om geloof-gevulde gedagtes te kies en 'n houding wat vrede in die omstandigheid sal bring, en herinner my dat U goeie dinge vir my toekoms beplan. In die Naam van Jesus, amen." 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Fear in Uncertain Times

Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou me...

More

Baie dankie aan "Joyce Meyer Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://joycemeyer.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid