Leesplan inligting

Hanteer Vrees in Onseker TyeVoorbeeld

Dealing with Fear in Uncertain Times

DAG 2 VAN 5

Jy Is Nie Alleen Nie 


Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is dit belangrik om te onthou dat God by jou is en dat jy Hom kan vertrou om jou daardeur te help. 



God het ons nooit 'n probleemvrye lewe belowe nie, maar Hy belowe wel dat Hy ons nooit alleen sal los of in die steek sal laat nie (Hebreërs 13:5). In moeilike tye kan ons vertroosting vind in die wete dat Hy ons oneindig liefhet, sy oog oor ons hou en alreeds agter die skerms aan die werk is om ons te help. (Romeine 8:38-39; Psalms 33:18)



Ek het ook uit ondervinding geleer dat ons God kan vertrou om hierdie tye tot ons voordeel te gebruik (sien Romeine 8:28). Wanneer alles onseker en onstabiel voorkom, help Hy ons om nader aan Hom te kom en vas te hou aan aan ons Verlosser — Jesus Christus — wat onbeweeglik is!



Wanneer ons die storms van die lewe ervaar of deur 'n ervaring gaan wat ons nie verstaan nie, is dit die tyd om te onthou dat God altyd by ons is — ongeag wat ons dink of voel en hoe die omstandighede lyk. 



Jesus is saam met jou in elke storm en jy sal sterker anderkant uitkom. Hy is die Een wat jou onvoorwaardelik liefhet en Hy is die Een wat jou moeilike tye in iets wonderlik kan verander.



Terwyl jy God in alles vertrou, sal Hy jou iets standvastig gee — Hy sal jou meer van Homself gee.



Bid: "Baie dankie, God, dat U altyd by my is — in die goeie tye en ook as die lewe moeilik is. Help my asseblief om nader aan U te beweeg as die lewe nie sin maak nie. Ek vertrou U en ek weet dat U alles ten goede sal laat meewerk. In die Naam van Jesus, amen."


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Fear in Uncertain Times

Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou me...

More

Baie dankie aan "Joyce Meyer Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://joycemeyer.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid