Leesplan inligting

VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

FEAR IN THE TIME OF CORONAVIRUS

DAG 3 VAN 7


MOENIE MOEILIKHEID MAAK NIE


Voel dit of jy nou te midde van 'n onbeheerbare, lewensgevaarlike storm is, want jy is bang vir die Coronavirus uitbraak? Vrees kan soos 'n reuse brander wees wat jou kan oorweldig en moeilikheid veroorsaak. Vrees kan kragtig en onverbiddelik wees. Het jy geweet dat die kalmste plek te midde van reuse branders, onder die branders is? Dit maak nie saak hoe groot die branders op die oppervlak is nie, op die bodem is die see die kalmste.


Jesus is soos die kalm water onder die brander. Hy is die kalmte wat jou vrese kan verwyder. In der waarheid, was Hy kalm toe Hy saam met sy dissipels in die boot was. Die dissipels het baie bang geword, maar Jesus het rustig in die boot lê en slaap. Hulle het Jesus gesmeek om iets te doen, want hulle het op die storm gefokus.


Voordat Jesus die storm stilgemaak het, het Hy vir sy dissipels, wie se geloof ontbreek het, gevra: "Hoekom is julle bang?" God het mag oor elke storm in jou lewe, rig dus jou oë op Hom. Wanneer jy oorweldig voel, glo dat Hy die mag het om jou deur die storm te dra. 


 


 


 


 


Aangaande hierdie leesplan

FEAR IN THE TIME OF CORONAVIRUS

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-d...

More

Baie dankie aan "The Wiedmann Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://thewiedmannbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid