VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

SWEEF SOOS 'N AREND
Om 'n gelowige te wees beteken nie dat jy nooit vrees sal ondervind nie. Hoe meer jy egter die God van die heelal toelaat om in beheer van jou lewe te wees en jy erken dat jy geheel en al van Hom afhanklik is, hoe minder sal vrees jou gevange hou. Saam met God sal jy nooit in duisternis of alleen wees nie. Saam met God sal jy met arendsvlerke vlieg. Jy sal hardloop en nie moeg word nie. Jy sal loop en nie afgemat raak nie.
Wanneer jy jou hoop en vertroue in God plaas, kan jy die struikelblokke wat oor jou pad kom en elke omstandigheid in jou lewe, oorkom. Dit sluit vrees ook in. Wanneer die Here vir jou 'n belofte in sy Woord gee, glo dit, dan sal jy nuwe krag kry. Wees dapper en wag op Hom om jou van alles wat jou bangmaak te verlos.
Mag die Here jou op arendsvlerke laat vlieg en jou op 'n plek van hernude krag bring. Mag jy in sy magtige arms rus vind en in sy woord bly, sodat jy vrede kan hê wat alle verstand te bowe gaan, eerder as om te vrees.
Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Om meer uit te vind oor die Wiedmann Bybel en sy unieke kuns, besoek asseblief hewiedmannbible.com.
Aangaande hierdie leesplan

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-dag leesplan net vir jou. Jy sal bemoedig word deur vrede te vind in God se woord, krag in sy mag en hoop in sy onfeilbare liefde vir jou.
More