VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

VREES IS DEESDAE DIE TENDENS
Die Coronavirus, COVID-19, pandemie, sosiale afstand, self-kwarantyn, toetsing, markineenstorting, werk- en inkomsteverlies, die dood...dis die woorde wat die huidige toestand beskryf. Die Coronavirus het die hele wêreld op gereedheidsgrondslag en baie mense is in 'n toestand van vrees.
Mense gaar daaglikse noodsaaklikhede op, koop pakke toiletpapier en soek oral na die ontwykende hand-ontsmetmiddels. Beelde van leë winkelrakke doen oral die rondte. Besighede maak toe. Nuusberigte oor die dodelike virus word 24/7 uitgesaai. Dis genoeg om enigiemand angstig en bang te maak.
Waarnatoe kan jy dus gaan vir kalmte en hoop in hierdie tyd? Gaan na die Skrif toe! God sê ons moet oor niks besorg wees nie. Bring jou bekommernisse in gebed na Hom toe en sy vrede, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor jou hart en verstand die wag hou in Jesus Christus. Jesus weet waardeur jy gaan en Hy is altyd by jou. Hierdie tyd sal ook verbygaan. Wat nooit sal ophou nie, is God se liefde en beskerming vir jou.
Voetnota: Alle beelde in hierdie leesplan is uit die Wiedmann Bybel geneem. Het jy geweet dat die kunstenaar, Willy Wiedmann, God as 'n driehoek geteken het, wat aan die bo-kant van die bladsy begin en dat hy nie vir God 'n gesig of geslag wou gee nie?
Aangaande hierdie leesplan

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-dag leesplan net vir jou. Jy sal bemoedig word deur vrede te vind in God se woord, krag in sy mag en hoop in sy onfeilbare liefde vir jou.
More
Verwante Leesplanne

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Die krag van ’n biddende vrou

Die sin van die lewe

Groei in geloof

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Die deur is toe; wat nou?

Tye van groei
