Leesplan inligting

VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

FEAR IN THE TIME OF CORONAVIRUS

DAG 6 VAN 7


GOD IS JOU TOEVLUG


Kan jy onthou hoe veilig jy in iemand se arms gevoel het as iets of iemand jou as kind bang gemaak het? Jou veilige persoon was dalk jou ma, pa, suster, broer, 'n familielid, onderwyser of vriend. Hoe geborge het jy gevoel toe jy in daardie veilig arms toegevou is? 


God het gesê dat ons moeilike tye in ons lewens sou hê, maar Hy het ook gesê dat Hy ons toevlug en 'n beskerming is; Hy was nog altyd ons skild en bereid om ons in nood te help. Sy arms is wyd oop en gereed om vir jou te sorg. Laat jou sorge en vrese aan Hom oor. Daar is geen omstandigheid wat ooit buite God se beheer is nie.


Dus hoef  jy nie te vrees nie. Jou hemelse Vader, wat jou oneindig liefhet, is by jou. Onthou hoe Jesus die storm laat bedaar het toe die dissipels vreesbevange in die boot was? God was hulle toevlug. Onthou hoe die Israeliete op pad na die Beloofde Land, teen hul vyande wat baie magtiger as hulle was, oorlog gemaak en gewen het? God was hulle toevlug. God is ook jou toevlug!


 


 


 


 


Aangaande hierdie leesplan

FEAR IN THE TIME OF CORONAVIRUS

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-d...

More

Baie dankie aan "The Wiedmann Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://thewiedmannbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid