VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

GOD HOU DIE STUURWIEL VAS
Wie wil jy hê moet in beheer wees tydens die COVID-19 pandemie of enige ander vreesaanjaende omstandigheid? Moet dit die media, politici, regeringsinstansies, gesondheidsorg, gemeenskappe of families wees? Natuurlik is alle sektore betrokke in die voorbereiding van en die reaksie op die pandemie, en ons moet almal saamwerk. Tog kan ons nie die rol wat ons oppermagtige God in alles speel, vergeet nie.
God is in beheer. Hy was nog altyd en sal altyd wees. Hy is al baie kere deur krisistye en weet wat om te doen en ken die uitkoms. Daar is geen gevaar, probleem, moeilikheid of omstandigheid waarin Hy nie al voorheen in beheer was nie. God is altyd bedag op jou veiligheid en Hy sal altyd by jou wees, waar jy ook al gaan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-dag leesplan net vir jou. Jy sal bemoedig word deur vrede te vind in God se woord, krag in sy mag en hoop in sy onfeilbare liefde vir jou.
More
Verwante Leesplanne

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Die krag van ’n biddende vrou

Die sin van die lewe

Groei in geloof

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Die deur is toe; wat nou?

Tye van groei
