VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

GOD WAS TEENWOORDIG VAN EKSODUS TOT KANAAN
In die Ou Testament vind ons vir die eerste keer die bewys dat God altyd in elke omstandigheid teenwoordig is en dat Hy nie sy kinders alleen deur moeilike tye laat gaan nie. Toe die Israeliete as slawe uit Egipte vir veertig jaar deur die woestyn gevlug het, was God by hulle. Hy het ook vir hulle geveg, hulle gelei en vir hulle voorsien.
Ons getroue God is gister, vandag en môre dieselfde. Hy verander nooit nie. Hy sal jou lei en uit jou vreesaanjaende omstandigheid bring, net soos Hy met die Israeliete gedoen het. Wanneer jy hierdie verse lees, skep moed uit God se beloftes en wat Hy in die verlede gedoen het. Jy kan verseker weet dat Hy vandag en altyd by jou teenwoordig is.
God kan jou vrees met vrede vervang as jy ten volle op Hom vertrou, net op Hom. Bring jou smekinge na Hom in gebed: "Here, ek is bang. Ek weet nie wat gedurende hierdie vreeslike krisistyd gaan gebeur nie. Sal ek en my geliefdes veilig wees? Sal ek alles verloor? Ek kom na U toe, want ek weet dat ek u hulp dringend nodig het. Vrees oorweldig my. U woord verseker my van u teenwoordigheid. Hemelse Vader, ek het u krag nodig om my vrees met vertroue in U te vervang. Omdat U by my is weet ek dat ek nie bang hoef te wees nie. Dankie Here, dat U my van my vrese bevry. Amen."
Aangaande hierdie leesplan

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-dag leesplan net vir jou. Jy sal bemoedig word deur vrede te vind in God se woord, krag in sy mag en hoop in sy onfeilbare liefde vir jou.
More