VREES IN DIE TYD VAN DIE CORONAVIRUSVoorbeeld

FEAR IN THE TIME OF CORONAVIRUS

DAG 4 VAN 7

VREES IS 'N LEUENAAR

Dit is natuurlik om bang te wees vir iets wat ons kan skade aanrig, maar vrees kom nie van God af nie. Vrees is een van die vyand se gewildste wapens wat hy teen ons gebruik. As Christene weet ons dat God ons nie 'n gees van vreesagtigheid gee nie. Hy gee vir ons die gees van krag en liefde en selfbeheersing. Ons kan vrees vir die onbekende oorkom met die wete dat God in beheer is en dat Hy saam met ons deur hierdie moeilike omstandighede sal gaan. 

Zach Williams is 'n Christen musikant en sing 'n wonderlike lied met die titel: "Fear is a Liar."

Die koortjie se woorde is (vrye vertaling): 

“Vrees is 'n leuenaar

Dit sal jou asem wegneem

Dit laat jou viervoet vassteek

Vrees is 'n leuenaar

Dit steel jou rus

Steel jou geluk

Werp jou vrees in die vuur

Want vrees is 'n leuenaar.”

 

Aangaande hierdie leesplan

FEAR IN THE TIME OF CORONAVIRUS

Ons bevind ons tans in 'n tyd van ongekende angs en bekommernis oor die Coronavirus. Geweldige vrees vir die pandemie blyk net so indringend soos die virus self te wees. As jy tans bang en angstig voel, is hierdie sewe-dag leesplan net vir jou. Jy sal bemoedig word deur vrede te vind in God se woord, krag in sy mag en hoop in sy onfeilbare liefde vir jou.

More

Baie dankie aan "The Wiedmann Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://thewiedmannbible.com