Leesplan inligting

Die Einde Van Ek Deur Kyle IdlemanVoorbeeld

The End Of Me By Kyle Idleman

DAG 7 VAN 7

Swak om Sterk te Wees

In Corrie ten Boom se boek "Tramp for the Lord", vertel sy van 'n vrou wat sy in Rusland ontmoet het tydens die Koue Oorlog toe Christene vervolg is.


Corrie skryf die ou vrou het op 'n bank gelê. Veelvuldige sklerose het nogal 'n uitwerking op hierdie vrou gehad. Haar liggaam was in elke rigting verdraai, en sy was afhanklik van kussings om haar te stut. Sy het geen beweeglikheid gehad nie, so haar man se tyd is deur haar sorg opgeneem. Die wysvinger van haar regterhand was al wat sy kon beheer. Niks anders nie.


Daardie vinger het egter soveel vermag. Dit het heeldag en tot laat in die nag oor 'n tikmasjien-sleutelbord beweeg en woorde en sinne en paragrawe uitgetik terwyl sy die Bybel en ander Christelike boeke in haar Russiese taal vertaal het.


Haar man het toegekyk en opgemerk dat dit dikwels lank geneem het vir die gerimpelde vinger om 'n toets te slaan — maar dit het aanhou beweeg, letter vir letter, deur boeke van die Bybel.


Toe kom kuier Corrie ten Boom. Sy het na die verdraaide geraamte op die bank gekyk, en deernis het haar oorval. Sy het gebid, “O, Here, hoekom genees U nie hierdie arme vrou nie?”


Die man het gesien hoe diep geraak die besoeker was, en het gesê: “God het 'n doel met haar siekte. Elke ander Christen in die stad word fyn dopgehou deur die geheime polisie. Omdat sy al so lank siek is, kom niemand ooit by haar nie. Hulle laat ons alleen, en sy is die enigste persoon wat kan vertaal, ongemerk deur die polisie.”


Dit is onakkuraat om te sê dat God gewerk het ten spyte van haar swakheid. Die waarheid is dat Hy deur haar swakheid op 'n kragtige manier verheerlik is. Jy sal jammer voel vir daardie vrou, net soos ek. Die einste ding wat ons wou wegwens en wegbid, die einste ding wat klaarblyklik haar lewe vernietig, die stekelrige doring wat soveel pyn veroorsaak het, was 'n heilige plek wat 'n baie swak vrou toegelaat het om 'n pilaar van krag in God se koninkryk te word.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The End Of Me By Kyle Idleman

Geneem uit Kyle Idleman' se vervolg op "Not A Fan," word jy uitgenooi om jou einde te vind want alleenlik dan kan jy die binne-buite maniere van Jesus omhels.

Ons wil Kyle Idleman en David C Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/the_end_of_me/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid