Die Einde Van Myself Deur Kyle IdlemanVoorbeeld

Wees Die Ware Jy Om Aanvaar Te Word
Ons as mense sukkel met egtheid omdat ons verwerping vrees. Ons wil hê die wêreld moet ons op ons heel beste sien, want dan is mense meer geneig om ons te aanvaar en moontlik selfs te bewonder.
Miskien hoef ons nie so hard te probeer of om enige van ons gebreke weg te steek nie. Miskien sal mense van ons hou net soos ons is. Dit is selfs moontlik dat hulle meer aangetrokke tot ons sal wees as hulle van sommige van ons mislukkings en ons stryd weet. Hulle kan sê: "Ek is ook so. Ek het dieselfde probleme. Ek is bly om te weet daar is twee van ons."
Dit is egter 'n risiko wat ons nie bereid is om te neem nie. Vrees is die vyand van deursigtigheid. Ons hou nie van ons gebreke nie, en ons verwag nie dat iemand anders daarvan sal hou nie. Ons werk dus hard daaraan om die mees indrukwekkende front voor te hou wat ons kan.
"Rein van hart" … Dit is iets om oor te dink, is dit nie? Dit beteken dat jy die geseënde lewe lei wat plaasvind wanneer jy ophou om bekommerd te wees oor die bewyse, uitspattige bekendstelling en al die moeite wat jy doen om mense te probeer oortuig jy is iets anders as wat jy is. Wanneer die binne- en buitekant ooreenstem, is jy rein van hart en jy is waar Hy wil hê jy moet wees.
Om aan die einde van myself te kom, beteken dat ek nie meer so bekommerd is om voor ander op te tree nie. Om aan die einde van myself te kom, beteken dat ek nie meer belangstel om iets voor te gee nie, want ek verstaan dat God na my ware self soek.
Wanneer ons in 'n restaurant bid om dankie te sê, hoe opreg is ons harte? Dink ons geheel en al aan God en sy voorsiening van die maaltyd, of dink 'n deel van ons aan hoe ons vir ander lyk?
Wanneer ons ons hande opsteek om 'n vrywilliger te wees vir 'n projek by die kerk, hoeveel van die hart word daarop gerig om God te behaag, en hoeveel is bekommerd oor wie kyk en hoe beïndruk hulle mag wees?
Wonder ons wie kyk terwyl die bordjie vir die offerande verbygaan?
Wanneer ons staan om in die openbaar te bid, is die woorde gerig op God se oor of op diegene wat luister?
Om aan die einde van myself te kom, beteken dat ek klaar is met die soeke na die applous of aandag van die mens en die leegheid wat dit veroorsaak. In plaas daarvan begeer ek net om God te behaag — ek ontvang my beloning van Hom in plaas van mense. Wanneer ons die openbare teater toemaak, die gordyne laat sak, die ligte afskakel en vir 'n gehoor van een speel, sonder omgee vir die resensies van die kritici of enigiemand anders, is dit wanneer ons aan die einde van onsself kom en God se seën ervaar.
Aangaande hierdie leesplan

Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.
More