Die Einde Van Myself Deur Kyle IdlemanVoorbeeld

Nederig Om Verhoog Te Word
Daar is dinge wat jy leer in die bediening. Een daarvan is dat mense kerk toe kom op soek na oplossings. Hulle is vasgevang in hul probleme, en hulle wonder of daar 'n bonatuurlike antwoord kan wees. Skuld, verslawing, 'n mislukte huwelik — wat dit ook al is, vroeër of later vra hulle vir aksiestappe. Kolpunte, in noukeurige volgorde, om die probleem op te los. "Wat kan ek doen?" Ons aanvaar altyd die antwoord is in die woord "doen".
Hoewel ons soms 'n paar dinge het wat gedoen moet word, is die waarheid dat daar geen plaasvervanger vir nederigheid is nie. Op hierdie stadium sê iemand: "Natuurlik, ek verstaan dit. Wees meer nederig. Daar moet iets wees wat ek kan dóén, jy weet. Iets anders as om net meer nederig te wees."
Dit is soveel makliker om te doen as om te wees. Om te doen, is om aksie te neem. Om te wees, vereis ware herskepping.
Jy wil weet wat om te doen? Dit is reg, ons kan dit só doen.
— Gaan staan eenkant
— Slaan op jou borskas.
— Bid hierdie woorde: "Vader God, wees my genadig."
— Bedoel dit.
Ek gaan my verstout om te sê dat die laaste een die sleutel is. Dít gebeur wanneer jy nederig is.
Stel jy belang in 'n paar moenies?
— Moenie jou saak stel nie.
— Moenie jou CV gaan uithaal nie.
— Moenie vir seëninge vra deur jouself met ander te vergelyk nie.
— Moenie vir God vertel hoekom jy al die seëninge verdien nie.
— Moenie vir God gelukwens omdat jy sy kind is nie.
— Moenie vir God bedank vir al die harde werk wat jy doen nie.
Daar is geen plaasvervanger vir nederigheid voor God nie. Die nederige hart behaag God. Die nederige kreet nooi Hom uit om sy krag te demonstreer.
Om nederig te wees, is iets waaraan ons dink as 'n passiewe aktiwiteit — dit wil sê, iemand of iets verneder ons. Deur werkloosheid, deur 'n mislukte verhouding, deur 'n droom wat verpletter is, word ons nederig. Jesus praat egter van 'n nederigheid wat aktief is — ons is die nederiges. Dit is nie iets waarvoor ons wag om van nature te gebeur nie. "Wees nederig." Dit klink nie reg nie, of hoe? Amper bietjie masochisties. Ons is gewoond daaraan om aangeraai te word om onsself te laat geld, nie om nederig te wees nie.
Die toonbeeld van nederigheid is wat Christus gedoen het. Hy het Homself ontledig. Hy het Homself verneder. Hier was iemand wat van nature — in wese — God was, maar wat nie aan daardie status vasgehou het nie, maar Homself eerder onbelangrik gemaak het.
Hoe kan ons nederig wees? Hier is 'n paar maniere wat vir my gehelp het om my eie "ek" op te gee:
— Om nederig te wees, bely ek my sonde vrywillig.
— Om nederig te wees, gee ek opofferend en anoniem.
— Om nederig te wees, behandel ek ander beter as myself.
— Om nederig te wees, vra ek vir hulp.
Aangaande hierdie leesplan

Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.
More