Die Einde Van Myself Deur Kyle IdlemanVoorbeeld

The End Of Me By Kyle Idleman

DAG 3 VAN 7

Treur Om Gelukkig Te Wees

Daar word gesê die lewe is maar net 'n droom, maar indien wel, is daar te veel ontnugteringe. Ek wed dat jy meer as 'n paar gehad het. Ek bedoel daardie tye toe die lewe met outomatiese spoedbeheer verloop het, maar toe gebeur iets en jy het skielik 'n moeilike tyd ervaar. Om in my eie krag te probeer kom dikwels tot 'n einde wanneer my drome tot 'n einde kom.

Dit werk so: op verrassende maniere maak lyding plek in ons gees sodat ons die seën van God se vrede en teenwoordigheid kan ken en ervaar. Sonder lyding kan ons eenvoudig nie sy troos ken nie. In droefheid ervaar ons die seën van God se teenwoordigheid.

Eugene Peterson se vertaling van Matteus 5:4 in Die Boodskap, kan op hierdie manier omskryf word: "Jy is geseënd as jy voel jy het dít verloor wat vir jou die dierbaarste is. Slegs dan kan jy omhels word deur die Een wat vir jou die dierbaarste is."

Wanneer jy nie meer in eie krag kan aangaan nie, het jy 'n geleentheid om God se teenwoordigheid te ervaar soos nog nooit tevore nie. Miskien het jy 'n paar wonderlike dinge gekoester en verloor. Daar is egter geen beter koestering as die Goddelike een nie.

Dikwels bid mense vir verandering aan die buitekant, terwyl God meer omgee vir verandering aan die binnekant. Mense bid vir hul begeertes en besef al hoe meer dat God in terme van hul behoeftes geantwoord het.

Daar is ook 'n tipe droefheid wat ons reaksie op die sonde in onsself en in ons wêreld is. Hierdie eerste soort droefheid word aangevuur deur verwoesting aan die buitekant. 'n Ander soort droefheid spruit uit verwoesting aan die binnekant — die sondigheid wat verwoesting in ons lewens saai; die lewens van dié wat ons liefhet, en die wêreld om ons. Dwarsdeur die Skrif is daar 'n verband tussen berou oor sonde — van elke soort — en om God se seën te ontvang. Israel het dikwels saam as 'n volk getreur en God se seën as 'n volk ontvang.

Laat ons dus duidelik wees. Jy sal sondig. Almal doen dit. Jy sal nog steeds traag wees om aan jou berou uitdrukking te gee. Almal is. Verstaan net dat, in jou huiwering om oor jou sonde te treur, jy ook die seën van God uitstel. Daar is geen manier om by daardie seën uit te kom sonder die berou wat dit voorafgaan nie.

Wat as jy vandag die sonde in jou lewe met opregte berou trotseer? Wat as jy tyd deurbring om te mediteer, te bid en te treur oor die sonde in die wêreld om jou?

Voordat jy oor dit alles dink, dink hieroor: dit gaan jou verander. Dit gaan jou opvatting van jouself en jou wêreld op 'n dramatiese manier verander. In wese kies jy om dinge vanuit Christus se perspektief, van binne na buite te sien, en jy kan dit nie doen sonder om 'n bietjie meer soos Christus te word nie.

Dit is ver van die "lekker dag vir jou"-geloof wat ons geneig is om te verkondig. Ek besef dit. Dit sal jou nie juis opbeur of aanspoor nie, maar dit is toevallig in ooreenstemming met die waarheid, en dit is toevallig die een pad na die diepste en mees volkome vreugde wat God bied. Jy sal deur donker dieptes loop, maar ek belowe jou dit: jy sal nooit alleen loop nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The End Of Me By Kyle Idleman

Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.

More

Ons wil vir Kyle Idleman en David C. Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/the_end_of_me/