Die Einde Van Myself Deur Kyle IdlemanVoorbeeld

The End Of Me By Kyle Idleman

DAG 2 VAN 7

Gebroke Om Heel Te Wees

Sosioloog Brene Brown se TVO (Tegnologie, Vermaak, Ontwerp)-gesprek oor kwesbaarheid het meer as 15 miljoen trefslae opgelewer. 'n Betekenisvolle faktor in die gesprek se gewildheid is die onomwonde waarheid dat, hoeveel ons dit ook al mag beveg, ons smag na die vryheid om te erken dat ons gebroke is. Ons besef nie eens ons behoefte om dit te doen nie. Dit is waar vir elkeen van ons, en dit is veral waar van diegene wat dit die minste besef.

Brown help ons om te sien dat ons nie alleen is nie. Dit is wat sy sê: "Ons is 'daardie mense'. Die waarheid is … ons ís daardie mense. Die meeste van ons is een salaristjek, een egskeiding, een dwelmverslaafde kind, een geestesgesondheidsdiagnose, een ernstige siekte, een seksuele aanranding, een drinkparty, een aand van onbeskermde seks, of een buite-egtelike verhouding weg daarvan om 'daardie mense' te wees — dié wat ons nie vertrou nie, dié vir wie ons jammer is, dié waarmee ons nie ons kinders laat speel nie, dié met wie slegte dinge gebeur, dié wat ons nie as bure wil hê nie."

Daar is te veel stemme wat vir ons sê om aan te hou om voor te gee, want as ons dit nie doen nie, sal ons lewens uitmekaar val.

Daar is te veel stemme wat vir ons sê om onsself te vermaak, want as ons net nie aan die slegte gedagtes dink nie, sal die slegte goed op een of ander manier wegvloei.

Dis hoekom die mense van ons tyd kenners van misleiding geword het, kundiges om pyn weg te steek, misbruikers van medikasie, slawe van finansiële skuld, aanhangers van giere en deelgenote van eensaamheid. Ons wil nie besef dat die enigste oplossing daarvoor om gebroke te wees ... gebrokenheid is nie.

Die goeie nuus is dat God die gebrokenes heelmaak. Hy neem die verontregtes, die wat geminag en geïgnoreer word, hulle wat vergete, verpletter en vernietig is, en dan doen Hy wat net Hy kan doen.

God is lief daarvoor om dit wat gebroke is, mooi te maak.

Jeremia 18:4-6 gee so 'n pragtige beeld van God wat aan die stuur sit, en afkyk na die gebreekte stuk erdewerk, en weier om dit weg te gooi. Die pottebakker het nog ’n kruik gemaak, "... iets anders soos Hy dit wou hê." Almal is dieselfde klei en het dieselfde krake, maar alles is nuut gemaak. Daar is geen rommelhoop nie. Die kuns is in die eindelose moontlikhede van een stuk klei.

My gebed is: “Vader, neem my gebroke stukke en herskep dit in iets wat vir U aanneemlik is.”

Aangaande hierdie leesplan

The End Of Me By Kyle Idleman

Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.

More

Ons wil vir Kyle Idleman en David C. Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/the_end_of_me/