Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 6 VAN 12

WAT IS MY KEUSES? 



  • Sonde het 'n verdienste: die Dood 

  • God het 'n geskenk: die Ewige Lewe 


“Die loon wat die sonde gee (betaal) is die dood (afgesny van die lewe van God); die genadegawe (geskenk) wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus onse Here.” (Rom. 6:23) 


JÝ MAAK DIE KEUSE: wat gaan dit wees? 


God se geskenk is vergifnis en die Ewige Lewe. Die geskenk van die Ewige Lewe in Jesus Christus moet egter aangeneem word! Dit behoort nie net outomaties aan jou nie. Hierdie geskenk van die Ewige Lewe ontvang jy deur 'n nuwe geboorte en dit vind deur 'n gebed plaas. 


Wil jy graag dié keuse maak? Bid dan hierdie gebed hardop: 


(Hoekom hardop?) “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.” (Rom. 10:9) 


Gebed: 



  • Jesus, ek is 'n sondaar en ek wil my tot U bekeer. Ek wil wegstap van my ou lewe en na U toe kom, net soos ek is. (Luk. 5:32; Rom. 5:8, 12; 1 Tim. 1:15) 

  • Ek besef dat U my sonde op U geneem het op die kruis van Golgota. Daar het U met u bloed vir my die volle prys vir my verlossing betaal. (2 Kor. 5:21; Kol. 1:20; 2:13-14; Efes. 1:7; 1 Pet. 1:18-19; Openb. 1:5) 

  • Jesus, ek glo dat U die Seun van God is en dat ek nou, deur in U te glo, vergifnis van my sondes sal ontvang. (Hand. 10:43; 26:18) 

  • Jesus, ek is ook bereid om almal wat teen my gesondig het te vergewe en om restitusie (regstelling) te maak waar dit nodig is. (Matt. 6:12; Matt. 18:21-35) 

  • Jesus, ek besef dat U die enigste ware Verlosser is. (Joh. 14:6; Hand. 4:12) 

  • Ek glo dat U in my plek gesterf het en dat God die Vader U uit die dode opgewek het, sodat ek vir ewig saam met U kan lewe. (Gal. 2:20; Rom. 6:6; Efes. 2:6; Kol. 3:1) 

  • Ek neem U nóú aan as my Here en Verlosser. (Joh. 1:12-13; 1 Joh. 5:12-13) 

  • Dankie Here, ek het so pas die geskenk van die ewige lewe ontvang, ek is NUUTGEBORE en die Heilige Gees woon nou in my. (Joh. 3:16; Rom. 6:23; 2 Kor. 5:17; Efes. 1:13-14) 


Dankie, Here Jesus. Amen! 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid