Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 12 VAN 12

PRAKTIESE WENKE 


MAAK GEBED JOU DAAGLIKSE KOMMUNIKASIEMIDDEL MET GOD 



  • Jy is nou 'n kind van die Lewende God en dis nodig dat jy jou verhouding met Hom ontwikkel. (1 Kor. 1:9) 

  • God die Vader is jou hemelse Vader en wanneer jy bid kan jy Hom “Vader” noem, of jou “Hemelse Vader.” (Rom. 8:15-16; Gal. 4:6) 

  • Jesus is jou Here (Meester en Eienaar), want Hy het jou uit jou oorgeërfde sinnelose leefstyl, met sy kosbare bloed losgekoop. (1 Pet. 1:18) 

  • Die Heilige Gees is 'n Persoon, naamlik die derde Persoon van die Godheid. Jy kan ook met Hom praat. Die Heilige Gees is ons “Trooster” - Hy is tans op aarde om ons by te staan. Jy moet Hom vra om jou te leer bid en om jou te help om die Bybel te verstaan. (Joh. 16:13-15) 


LEES DAAGLIKS JOU BYBEL 



  • Lees eers die evangelie van Johannes en dan die drie sendbriewe van Johannes. Lees hierdie gedeeltes so twee tot vyf keer deur voordat jy ander boeke in die Bybel lees. 

  • Lees dan Jakobus, 1 Petrus, 2 Petrus, Markus en Handelinge. 

  • Nou kan jy die hele Nuwe Testament deurlees en die Heilige Gees vra om jou te help om dit te verstaan. 

  • Onthou om die Bybel biddend deur te lees en om steeds die Heilige Gees te vra om jou te help om te verstaan wat jy lees. 

  • Dit sal help om verse in jou Bybel te merk met 'n pen, potlood of kleurpen.


WAT GEBEUR AS EK WEER SONDIG? 


Jy is nou 'n kind in God se huisgesin. Jy was 'n sondaar en was verlore, maar toe jy Jesus aangeneem het as jou persoonlike Here en Verlosser het God, die Vader, jou uitgehaal uit die mag van die duisternis en jou in die koninkryk van die Seun van sy liefde geplaas. 


Die dag wanneer 'n man met 'n vrou trou, neem die vrou die man se van aan en hulle twee is wettig getroud. Indien die vrou nou iets leliks teenoor haar man sou doen, beteken dit nie dat sy nou van hom geskei is en weer haar nooiensvan aanneem nie. Die lelike ding bring egter 'n skeidsmuur tussen hulle twee. Net soos wat sy haar man om vergifnis moet vra, sodat die skeidsmuur tussen haar en haar man verwyder kan word en hulle liefdesverhouding herstel kan word, moet ons die Here om vergifnis vra vir dit wat ons in ons verhouding met Hom verkeerd doen. Anders ervaar ons 'n skeidsmuur tussen ons en die Here. 


“As ons ons sondes bely, Hy is getrou (al is ons soms ontrou) en regverdig (al is ons soms onregverdig) om ons die sonde te vergewe en ons van alle ongeregtigheid (verkeerde dinge) te reinig.” (1 Joh. 1:9) 


Jy kan te alle tye 'n wonderlike verhouding met die Here hê deur daagliks dit wat jy in ontrouheid en in ongeregtigheid doen, met Hom te deel. Onthou: in Jesus Christus is jy nou deel van 'n wenspan! 


“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.” (Rom. 8:37)


Geliefde, moenie vir 'n middelmatige lewe skik nie. God wil jou verby middelmatigheid lanseer tot by sý tipe lewenskwaliteit! 


Onthou: die regverdiges het die vrymoedigheid van 'n leeu! 


(Spr. 28:1; Openb. 5:5) 


Nuwe Lewe is deel van Lewende Woord Kerk se Voetspore Dissipelskapsreeks. Geskryf deur Nevil Norden en saamgestel deur Ghibeau Gerber. 


Kontak ons  gerus om by een van ons dissipelskapsgroepe aan te sluit of ons Nuwe Lewe kursus  by te woon. 

Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid