Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 8 VAN 12

DIE WATERDOOP 


Petrus sê: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” (Hand. 2:38) 


“Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop...” (Hand. 2:41) 



  • Jy het so pas tot bekering gekom!

  • Jy het Jesus as jou Here en Verlosser aangeneem. 

  • Nou moet jy Jesus gehoorsaam en jou laat doop. 


“Hy wat glo en hom laat doop.” (Mark. 16:16) 


“Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop.” (Hand. 8:12) 


Let wel: Mans en vrouens is gedoop; dié wat gelowig geword het, is gedoop. 


DIE HOFDIENAAR VAN ETHIOPIË 


In Hand. 8 praat Filippus met 'n hoë amptenaar van Ethiopië en verkondig die evangelie van Jesus aan hom terwyl hy op sy wa reis. 


“Op die pad het hulle op water afgekom en die hofdienaar sê: Daar is water. Wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is ... en hy (Filippus) het hom gedoop (eers geloof en toe die doop).” (Hand. 8:36-38) 


DIE TRONKBEWAARDER VAN FILIPPI 


In Hand. 16 glo die tronkbewaarder en sy hele huisgesin in die Here Jesus Christus en hy en al sy mense is daar en dan gedoop. (Hand. 16:30-33) Let wel: sy hele gesin het geglo en is daarna gedoop


GROOT DOOP OF KLEIN DOOP? (DIE DOOP VAN VOLWASSENES OF VAN BABAS?) 


Ons vind in al hierdie gedeeltes in Handelinge dat mense tot bekering gekom het en hulle dan laat doop het. Hulle was gehoorsaam aan Jesus se opdrag: 


Die waterdoop is dus vir die persoon wat Jesus Christus as Here en Verlosser aangeneem het, ongeag die ouderdom. 


HOEKOM MOET EK GEDOOP WORD?




1) Om aan Jesus se opdrag gehoorsaam te wees. 


Ananías sê vir Paulus, nadat die Here Paulus met 'n ligstraal uit die hemel op die Damaskus pad ontmoet het: 


“En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.” (Hand. 22:16) 


“Staan op en laat jou doop” - 'n opdrag! 


“...maak dissipels van al die nasies en doop hulle...” (Matt. 28:19) 


Jesus sê: “Hy wat glo en hom laat doop...” (Mark. 16:16) 


“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Jesus in Matt. 28:19) 


2) Om een te word met Jesus in sy dood en in sy opstanding. 


“Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.” (Rom. 6:3-4) 


DIE WATERDOOP IS SIMBOLIES VAN SY DOOD EN ONS BEVRYDING VAN SONDE. 


“Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.” (Rom. 6:7) 


“Ons het saam met Christus gesterwe (vir die sonde)...” (Rom. 6:8) 


In Christus is ons dus vry van die heerskappy van sonde in ons lewens. 


ONS DOOD EN OPSTANDING MOET IN DIE DOOD EN OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS DEUR GELOOF TOEGEËIEN WORD. 


“Julle moet dus altyd onthou (reken) dat ook julle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.” (Rom. 6:11) 


“Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer nie...” (Rom. 6:12) 


“...stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil.” (Rom. 6:13) 


EIEN JESUS SE DOOD DAAGLIKS DEUR GELOOF TOE EN LEEF DAAGLIKS IN 'N GODDELIKE OPSTANDINGSLEWE. 


Wees één met Hom in sy opstanding. (Rom. 6:5) Wandel in gehoorsaamheid aan God se wil. (Rom. 6:16-18) 


ONDERDOMPELING OF BESPRINKELING? 


Die woord “doop” in die Grieks is baptizo. Dis 'n proses van onderdompeling (onder die water ingaan en opkom) en word gebruik met betrekking tot Johannes die Doper se doop en die Christendoop. (Sien Matt. 3:16 en Hand. 8:39) 


“En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was.  Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop.” (Joh. 3:23) 


Onderdompeling is dus die Bybelse metode van doop. 


IN WIE SE NAAM MOET EK GEDOOP WORD? 


“Laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus.” (Hand. 2:38) 


“En hy (Petrus) het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here.” (Hand. 10:48) 


“...is hulle gedoop in die Naam van Jesus.” (Hand. 19:5) 


“...en wat julle ook al doen..., doen alles in die Naam van die Here Jesus.” (Kol. 3:17) 


“Maak dissipels... doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.” (Matt. 28:19) 


Toe Jesus deur Johannes die Doper gedoop is, was God die Vader en God die Heilige Gees ook teenwoordig. (Matt. 3:16-17) 


Belangrik: deur die waterdoop identifiseer ons dus met Jesus Christus in sy dood en in sy opstanding. 


Ons doop (onderdompel) dus eenmalig in identifikasie met die eenmalige dood van Jesus, maar ons gee erkenning aan God die Vader en God die Heilige Gees volgens Matt. 3:16-17. 


Ons (Lewende Woord Kerk) doop dus as volg: 


“Op die belydenis van jou geloof in Jesus Christus, doop ek jou nou in die Naam van God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees.” 


Samevatting: 


Deur onderdompeling word jy eenmalig in die Naam van Jesus gedoop, omdat Hy eenmalig vir ons gesterf het. Jy gee erkenning aan God die Vader en die Heilige Gees. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid