Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 1 VAN 12

DRIE FONDAMENTSTENE 


Daar is drie eenvoudige beginstappe vir elke Christen: 



  1. Die bloed - Nuutgebore ('n nuwe skepsel) 

  2. Die water - Waterdoop ('n sterwe van die ou mens en 'n opstanding van die nuwe mens in Jesus Christus) 

  3. Die vuur - Doping in die Heilige Gees ('n bekleding met krag vir diensbaarheid en die bediening van versoening) 


Volgens die boek van Handelinge is die Nuwe Testamentiese Kerk op die dag van Pinkster gebore. Op daardie dag het Petrus gesê:


“Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” (Hand. 2:38)


Daar is dus drie stappe wat geneem moet word: 



  1. Bekeer julle - kom na Jesus en word deur sy bloed van julle sondes verlos en ontvang die NUWE LEWE

  2. Laat julle doop - word een met die dood van Jesus en word vry van die mag van die sonde. Word dan één met die opstanding van Jesus om in 'n nuwe opstandingslewe saam met Hom te lewe. 

  3. Ontvang die gawe van die Heilige Gees - word met krag vir diensbaarheid toegerus en leef jou bediening uit nl.: om met die hulp van die Heilige Gees mense met God te versoen. Word 'n getuie van Jesus Christus sodat jy ander mense na die troon van genade kan lei!  


VRAE OM OOR NA TE DINK/ TE BESPREEK MET GROEPLEIER: 



  1. Wat beteken “bekering” vir jou? 

  2. Wat hou jóú weg van die Here? Is jy al gedoop? 

  3. Indien wel, wat het jou doop vir jou beteken? Wie is die Heilige Gees vir jou? Wat is sy rol in jou lewe? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid