Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 9 VAN 12

DIE DOPING IN DIE HEILIGE GEES 


Daar is vyf skrifgedeeltes in die Nuwe Testament waar die uitdrukking “Heilige Gees" en "doop” saam gevind word. In elkeen van hierdie skrifgedeeltes word die waterdoop op parallelle vlak met die doping in die Heilige Gees vergelyk! 



  • “Hy (Jesus) sal hulle met die Heilige Gees en vuur doop.” (Matt. 3:11; Luk. 3:16) 

  • “Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” (Mark. 1:8) 

  • “Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.” (Joh. 1:33) 

  • “Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (Hand. 1:5) 


Ons lei dus hiervan af dat die Woord “doop” in albei gevalle dieselfde betekenis het. 


In die eerste konteks is water die element waarin die persoon gedoop word, terwyl die Heilige Gees in die tweede konteks die element is waarin die persoon gedoop word. 


Jesus Christus is egter die Doper in die Heilige Gees. 


NB: Soos wat ons in water onderdompel is, word ons in die Heilige Gees ingedompel - gedoop. (“...placed in, introduced into the Holy Spirit” - Amplified Bible) 


HET EK NIE DIE HEILIGE GEES ONTVANG TOE EK JESUS AANGENEEM HET NIE?


 JA! Jy het by jou wedergeboorte die inwonende Heilige Gees ontvang. Wanneer jy Jesus Christus aanneem as jou Here en Verlosser, ontvang jy die beseëling met die Heilige Gees. Die Heilige Gees kom woon in jou om jou as God se eiendom te beseël. 


“Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.” (Efes. 1:13) 


“Hy (die Heilige Gees) het julle as die eiendom van God beseël.” (Efes. 4:30; 2 Kor. 1:22) 


Noudat jy met die inwonende Heilige Gees beseël is as God se eiendom, wil God jou met krag vir diensbaarheid toerus. Hy wil jou doop in (beklee met) die Heilige Gees, sodat jy toegerus sal wees met krag om sy getuie te wees


“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees.” (Hand. 1:8) 


Let wel:  



  • Met 'n Nuwe Geboorte kom die Heilige Gees in jou woon.

  • Met die doping in die Heilige Gees kom die Heilige Gees op of oor jou. 

  •  Jy word met krag van bo toegerus. (Luk. 24:49) 

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid