Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 5 VAN 12

JOU VRYE WIL 


Elke mens het 'n vrye wil wat sy lewe beheer, anders was die mens bloot 'n robot of marionet. Jou keuse om Jesus Christus as jou persoonlike Here en Verlosser aan te neem, geskied deur jou vrye wil. Jý maak die keuse. Hierdie keuse is as't ware jou handtekening in die “Boek van die Lewe”. Deur hierdie keuse word jy nuutgebore. As jy nie kies om Jesus Christus aan te neem nie, is jy vir ewig verlore. 



  • IS EK DAN NIE UITVERKIES NIE? EK IS GELEER DAT EK UITVERKIES IS. 


Voor die grondlegging van die wêreld (d.w.s. voordat alles begin het) het God (die Alfa en Omega - die Begin en die Einde) in sy voorkennis jou naam in die “Boek van die Lewe” geskryf (Fil. 4:3; Openb. 3:5; 13:8; 20:12, 15). 


God het dus bepaal dat wanneer jy Jesus as jou persoonlike Saligmaker (Redder) aanneem, jy in Hom uitverkies is (Efes. 1:4). 



  • DIE “BOEK VAN DIE LEWE” 


Die “Boek van die Lewe” werk soos 'n kontrak. Wanneer jy 'n eiendom wil aankoop, maak jy 'n aanbod op 'n kontrak. Jy gee daarmee saam 'n bankwaarborg dat jy wel die nodige fondse het om die kontrak na te kom. Wanneer die ander persoon dan die kontrak teken, word daardie kontrak geldig. Net so skryf God jou naam in die “Boek van die Lewe” voor die grondlegging van die wêreld en Hy gee Jesus se heilige lewe as 'n waarborg dat Hy jou onheilige lewe uit die mag van die duisternis kan loskoop. 


Jou gebed, waarin jy Jesus aanneem, word jou handtekening in die “Boek van die Lewe”. 



  1. “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons (vir jou) gemaak, sodat ons (jy) kan word geregtigheid van God in Hom.” (2 Kor. 5:21) 

  2. “Want so lief het God die wêreld (my) gehad, dat hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen (ek) wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:16) 

  3. “...omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos.” (1 Pet. 1:18-19) 


Wanneer jy Jesus Christus as jou persoonlike Here en Verlosser aanneem, word jou naam in die “Boek van die Lewe” bekragtig. Dit beteken dat jy God se aanbod aanvaar het en die geskenk van die Ewige Lewe deelagtig geword het. Jy is dan nuutgebore! 


KAN EK SEKER WEES VAN HIERDIE NUWE GEBOORTE? 


JA! Dié sekerheid is tweeledig: 


1. Dit is 'n hartsgetuienis deur die Heilige Gees: “Wie in die Seun glo, besit die getuienis in sy hart.” (1 Joh. 5:10) 


2. Dit is 'n verstandelike wete: “Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.”

(1 Joh. 5:12-13)

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid