Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 10 VAN 12

VERSOENING 


Elke Christen het 'n bediening van versoening. 'n Bediening om mense met God te versoen of om mense met God te herenig of te verenig. 


Elke Christen het bonatuurlike krag nodig om 'n getuie van Jesus te wees en sy bediening van versoening en hereniging uit te leef. 


“Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou, ... ons tree dus op as gesante van Christus.” (2 Kor. 5:19-20) 


HOE ONTVANG EK DIE DOPING IN DIE HEILIGE GEES?


Deur geloof! 


Twee gedagtes: 



  1. Ek moet glo dat dit vir vandag is. 

  2. Ek moet glo dat dit vir almal is. 


“Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” (Hand. 2:39) 


Let wel: 


Hierdie skrifgedeelte verwys nié na besprinkeling (of die waterdoop) nie, maar na die doping in die Heilige Gees en dit is in die teenwoordige tyd geskryf. Dit is dus vir vandag. 


DIE BELOFTE VAN DIE HEILIGE GEES


“En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.” (Luk. 24:49) 


Jy sal dus met krag toegerus word om 'n getuie vir Jesus te wees. 


“Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (Hand. 1:4-5) 


Jesus bevestig dat hierdie belofte, die belofte van die doping in die Heilige Gees is, en dat al sy dissipels dit nodig het. 


Wat God belowe het (die doping in die Heilige Gees) is volgens Hand. 2:39... 



  1. vir julle, 

  2. vir julle kinders, 

  3. vir almal wat daar ver is, en 

  4. vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep. 


Niemand is uitgesluit nie en dit ís vir vandag! 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid