HANDELINGE 20:12-15

HANDELINGE 20:12-15 AFR83

Die mense het toe die seun lewend weggebring huis toe. Hulle was buitengewoon bemoedig deur alles. Ons het vooruit per skip na Assus toe vertrek, waar ons vir Paulus aan boord sou neem. Dit was sy opdrag, omdat hy self oor land daarheen wou gaan. Toe hy ons in Assus kry, het ons hom aan boord geneem en na Mitilene toe gevaar. Daarvandaan het ons die volgende dag verder gevaar en tot regoor Chios gekom. Die dag daarna het ons Samos bereik en nog 'n dag later Milete.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid