Daar Staan GeskryweVoorbeeld

Plant die Saad
deur Robert Morris
Wanneer jy 'n pakkie sade oopmaak, lyk hulle glad nie soos die mooi prentjie op die buitekant van die pakkie nie, nie waar nie? As jy hulle in die grond plant het hulle die potensiaal om voort te bring wat in daardie prentjie is. Die Woord van God werk ook so. Wanneer ek die Woord van God lees, dit bestudeer, daaroor mediteer en dit in my hart bêre, plant ek in der waarheid 'n saad wat vrugte gaan dra. Markus 4 sê, die Woord kan 'n oes van dertig-, sestig- en honderdvoudig voortbring. Wanneer ek dus oor die Woord nadink, dink ek na oor iets wat 'n oormaat vrugte in my gaan voortbring. Psalm 119, die langste hoofstuk in die Bybel, praat baie oor die Woord. Hier is 'n paar verse:
"U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys" (Psalm 119:15).
"Selfs al smee mense wat mag het, komplotte teen my, ek sal my hou aan wat U neergelê het" (Psalm 119:23).
"Laat die hovaardige mense die slegste daarvan afkom, want hulle het my vals beskuldig; u bevele bly my altyd by" (Psalm 119:78).
Let jy op hoe Dawid in verskeie verse eintlik vir God sê: "Daar is nie reg aan my gedoen nie, maar ek kies om oor u Woord na te dink"? Mense het sleg gepraat van Dawid en dinge oor hom gesê wat nie waar was nie, maar hy het nie daaroor nagedink nie; in plaas daarvan het hy besluit om oor die Woord van God na te dink. Besef jy dat ons almal oor iets nadink? Die probleem is dit: wanneer ons aan iets ver slaaf is, is dit makliker om oor die leuen wat ons vasbind na te dink as die waarheid wat ons vrymaak. Spreuke 23:7 sê: "Dit is hoe hy is." Dit beteken, as jy meer tyd gebruik om oor wellus, trots, woede, bitterheid, mismoedigheid en depressie na te dink, sal jy binnekort 'n verrotte, depressiewe en mismoedige hart hê. Dis nie verkeerd om ontsteld of kwaad te wees nie, maar die geheim is om nie daaroor na te dink nie. Hou op om dit in jou gedagtes rond te maal. Dis wanneer verkeerde gesindhede in jou hart posvat.
Was jy al ooit in 'n argument met iemand betrokke? Hoeveel tyd het jy daarna gebruik om aan dinge te dink wat jy kon gesê het? Ons dink daaroor na in plaas daarvan om oor die Woord van God na te dink. In plaas daarvan om op hierdie dinge te fokus, moet ons die saad van die Woord van God in ons lewens plant, want dit sal iets goeds in ons voortbring. Dit op sigself is 'n wonderwerk.
Gebed
Vader, dankie dat ek toegang tot u Woord het, wat goeie vrugte in my lewe voortbring. Ek wil deurentyd u waarheid in my hart plant. Wanneer slegte omstandighede in my lewe opduik, help my om oor u Woord na te dink in plaas van die pyn. In die Naam van Jesus. Amen.
Geheuevers
"Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees" Josua 1:8.
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul wat die Woord is — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp — en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Terwyl jy lees, sal jy geïnspireer word om nader aan God te kom en sy Woord daagliks in jou hart te bêre.
More