Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 27 VAN 31

Berei die Grond Voor

deur Robert Morris

Watter soort grond het jy? Dit klink dalk na 'n vreemde vraag, maar dis eintlik 'n vraag aangaande jou hart. Ons het 'n geruime tyd oor die gelykenis van die saaier gepraat, wat saad op verskillende soorte grond gesaai het. Let op dat Jesus in vandag se vers (Matteus 13:23) die woorde "goeie grond" gebruik om die persoon te beskryf wat die Woord van God hoor en verstaan. In Markus se weergawe sê Jesus dat die goeie grond die mense verteenwoordig "wat die woord hoor en aanvaar" (Markus 4:20). In Lukas se weergawe sê Jesus dat die goeie grond die mense is "wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar" (Lukas 8:15).

Het jy opgelet dat die gelykenis van die saaier eintlik meer op die grond klem lê? Vroeër in die gelykenis praat Jesus oor die saad wat op klipperige en doringagtige grond val en hoe daardie plante verdroog en nie vrug dra nie. Lukas 8:15 wys vir ons dat die grond eintlik as beeldspraak vir die hart gebruik word: "Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra." Hy sê dat as ons 'n goeie hart het, die Woord van God in ons harte kan werk en dat ons vrug kan dra.

In watter toestand is jou hart? Is jou grond gereed vir die Woord van God? Ons moet versigtig wees dat ons harte nie verhard nie. Lukas 8:5 sê dat die voëls, wat regdeur die Bybel duiwels verteenwoordig, sal kom en die saad oppik wat gesaai is. Dit beteken dat ons nie regtig verandering in ons lewens sal sien totdat ons ons harte voorberei het om die Woord te ontvang nie.

Dis een van die redes hoekom ons ons kerkdienste met lofprysing en aanbidding begin. Wanneer jy in die teenwoordigheid van God is, verdwyn dinge soos trots en pyn en jou hart versag. Wanneer jy vir God sê hoe lief jy Hom het, maak dit jou hart oop om te ontvang wat sy Woord vir jou te sê het.

Ek wil hê dat die Woord in my moet wortel skiet en vrug dra. Wil jy dit ook hê? Oor die volgende paar dae gaan ons dieper delf in hoe ons 'n goeie hart kan behou sodat ons die Woord van God in ons binneste kan plant.

Gebed

Vader, dankie vir u Woord. Gee my 'n sagte hart sodat ek u Woord kan verstaan en dit kan toelaat om vrug te dra in my lewe. In die Naam van Jesus. Amen.

Geheuevers

"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend" Filippense 4:6.

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul wat die Woord is — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp — en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Terwyl jy lees, sal jy geïnspireer word om nader aan God te kom en sy Woord daagliks in jou hart te bêre.

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com