Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 25 VAN 31

'n Lig Op Jou Pad

deur Robert Morris

Toe ek tot bekering gekom het, het ek begin om notas en gedagtes in die kantlyn van my Bybel neer te skryf. Deesdae is omtrent elke bladsy vol geskryf. Onlangs het ek op vandag se vers in daardie Bybel afgekom en sien toe 'n aanhaling wat ek jare gelede in die kantlyn geskryf het toe ek R.A. Corey hoor preek het. Hy het gesê: "Sonde sal my van hierdie boek af weghou. Hierdie boek sal my van sonde af weghou." Dink na oor daardie stelling en pas dit op vandag se vers toe — 1 Johannes 1:5-7: "Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde."

Niemand wat bose dinge doen gaan na die lig toe, wat die Woord van God is nie. Wanneer jy in sonde lewe, wanneer jy in die moeilikheid is, wanneer jy van God af weghardloop, is die laaste ding wat jy wil doen om die Bybel te lees. Dis egter die eerste ding wat jy behoort te doen. As jy in sonde verval, as jy misluk of 'n fout maak, wanneer jy in slawerny is, lees die Bybel. Hoekom? Want lig verdryf duisternis.

Wanneer jy die lig aanskakel is daar nie 'n onderonsie tussen die lig en die duisternis nie. Daar is nie 'n geveg of 'n bakleiery nie. Jy skakel die lig aan — duisternis verdwyn. As jy uit 'n donker plek in jou lewe wil kom, is die beste ding wat jy kan doen om die Woord van God te lees, want dit is 'n lig op jou pad. Dit verlig die pad vorentoe en lei jou uit die donkerte uit.

Op dieselfde manier kan die Woord van God jou pad verlig as jy tot stilstand gekom het in jou lewe of as jy nie weet wat om te doen of waarheen om te gaan nie. Iets interessants omtrent 'n lamp is dat dit lig verskaf aan 'n klein oppervlak. Jy kan dalk net een of twee treë voor jou sien, maar God sien die hele pad wat voorlê. Die Woord van God gee nie net lig nie, dis ook 'n geleentheid om jou vertroue in Hom te stel.

Gebed

Vader, dankie vir u Woord wat lig vir elke deel van my lewe verskaf. Ek gee enige deel aan U oor waar daar duisternis is en ek vertrou dat U 'n lig vir my pad sal wees. In die Naam van Jesus. Amen.

Geheuevers

"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend" Filippense 4:6. 

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul wat die Woord is — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp — en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Terwyl jy lees, sal jy geïnspireer word om nader aan God te kom en sy Woord daagliks in jou hart te bêre.

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com