Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 24 VAN 31

Volkome Herstel

deur Robert Morris

Het jy al iets of iemand verloor wat jou na aan die hart gelê het? Iets wat jou laat voel het dat jy nooit weer dieselfde sal wees na die verlies nie? Dalk 'n vriendskap of 'n verhouding. Dalk het jy jou huwelik verloor of 'n kind wat die verkeerde pad gevolg het. Dalk het jy 'n groot belegging of selfs jou gesondheid verloor. Dalk het jy jou pad in die lewe verloor. Hierdie is opsigtelike dinge wat in die natuurlike gebeur, maar ek wil hê jy moet dit in 'n geestelike lig sien.

Weet jy wat jy moet doen as jy iets verloor het? Jy moet 'n lig aanskakel! Ek sê nou vir jou, een van die beste tye om die Woord van God te lees, is wanneer jy iets of iemand wat jou na aan die hart lê, verloor het. Hy het vir jou 'n lig voorsien waarmee jy jou pad kan verlig, as jy gewillig is. Jesus vertel 'n gelykenis om hierdie punt te bewys.

In Lukas 15 vertel Hy van drie dinge wat verlore geraak het: 'n skaap, 'n muntstuk en 'n seun. Die meeste van ons ken die verhaal van die verlore seun, maar ek wil jou aandag vestig op die gelykenis van die verlore muntstuk. In Lukas 15:8 sê Jesus: "Watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?" Die vrou in die verhaal steek 'n lamp op toe sy iets verloor wat vir haar kosbaar is. Jesus sê dat ons dieselfde kan doen deur die Woord van God toe te laat om 'n lig vir ons pad te wees.

Ek weet van paartjies in ons kerk wie se huwelike op die rotse was. Vir sommige het dit gelyk of egskeiding onvermydelik was. In plaas daarvan om hulle huwelike ten gronde te laat gaan, het hulle op die Woord van God begin fokus en toegelaat dat dit 'n lig in hulle lewens en gesinne word. Dis toe dat iets begin gebeur het. God het begin om daardie verhoudinge en huwelike te herstel en dit selfs sterker as voorheen te maak.

Dit maak nie saak wat jy verloor het nie, God wil herstel in jou lewe teweegbring — dalk om jou te help om terug te kry wat jy verloor het of om net te help om jou te genees en vorentoe te laat gaan. Jy moet egter die eerste tree neem en elke dag 'n lig aansit sodat Hy met jou kan praat, jou genees en herstel deur middel van sy Woord.

Gebed

Vader, dankie dat U vir my u Woord gee. Dankie dat U help om te vind wat verlore is. Skyn asseblief die lig in my lewe op daardie plekke waar verandering deur u Woord nodig is. In die Naam van Jesus. Amen.

Geheuevers

"U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad" Psalm 119:105.

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul wat die Woord is — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp — en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Terwyl jy lees, sal jy geïnspireer word om nader aan God te kom en sy Woord daagliks in jou hart te bêre.

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com