Leesplan inligting

Nie versaak nie: Ontdek die vryheid as seuns en dogters van 'n volmaakte VaderVoorbeeld

Not Forsaken: Finding Freedom as Sons & Daughters of a Perfect Father

DAG 5 VAN 5

Dag 5: 



Stel jou 'n klassieke agterplaas-braai in die somer voor. Kan jy die vleis en wors op die rooster ruik? Miskien sal julle die aand afsluit deur malvalekkers oor die oop vuur te braai.



Stel jou nou voor jy het net een klein probleempie … jy het nog glad nie tande nie! Jy gaan nie in die gebraaide lekkernye deel nie, want jy het nog nie genoeg gegroei om dit te kan geniet nie.



Ons geestelike lewens kan net so wees! Ons kan stagneer en geleenthede misloop omdat ons nog nie volwasse geword het nie.



Jy sien, God stort nie slegs sy Vaderlike seën oor ons uit nie, Hy nooi ons om groot te word deur ons lewens volgens Hom te vorm. Met ons nuwe identiteit en geestelike DNS, word ons geroep om groot te word om soos ons hemelse Vader te wees. Soos Efesiërs 5:1 dit stel: "Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg."



Ons word uitgenooi en geroep om soos ons Vader te wees. Ons kyk op na Hom en neem kennis hoe Hy dinge doen – die wyse waarop Hy praat, beweeg en antwoord. Ons sit ons voete in sy voetspore.



Wat wonderlik is, is dat God ons nie aan onsself oorgelaat het om self uit te werk wat om te doen nie; Hy gee ons die krag van sy Heilige Gees om ons te lei en te rig. Soos 'n volmaakte Vader, neem God deel in ons lewens. Hy sê aan my en jou: "Kom hier, Ek sal jou wys hoe om dit te doen."



Hier is drie punte om oor na te dink en waarna om te strewe, terwyl ons Hom naboots en in geestelike volwassenheid groei:



1. Om te ontwaak: besef wie ons is en aan wie ons behoort. Soos die populêre aanbiddingslied sê, ons is nie meer slawe van … verlatenheid, vreesagtigheid, onwaardigheid, onsekerheid, misbruik, verslawing, vergelyking, of alleenheid … nie, ons is kinders van God!



2. Om te aanvaar: die gevolge van ons nuwe genetiese samestelling. Ons lê die sonde en die ou leefstyl af en hardloop na die nuwe en goeie dinge waarheen God ons roep.



3. Om aan te neem: die optrede en karakter van God. Bestudeer hoe God beweeg en werk. Verslind sy Woord. Praat met Hom. Boots die patroon van sy optrede na.



Jy is aangeneem deur 'n volmaakte, liefdevolle Vader — gaan wees nou soos jou Pa!


Aangaande hierdie leesplan

Not Forsaken: Finding Freedom as Sons & Daughters of a Perfect Father

Louie Giglio, Pastoor en Stigter van "Passion Movement", deel in hierdie 5-dag Bybelleesplan hoe om die karakter van God op `n lewensveranderende manier te verstaan — as 'n volmaakte Vader wat wil hê jy moet in vryheid w...

More

Ons wil graag Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://notforsakenbook.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid