Nie versaak nie: Ontdek die vryheid as seuns en dogters van 'n volmaakte Vader

Dag 1 van 5 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Dag 1:



"Pappa, kyk na my!"



Dit is moontlik dat jy as kind hierdie frase – of 'n soortgelyke een – gebruik het. Dis 'n soort universele taal vir kinders, ons manier om uitdrukking te gee aan ons innerlike verlange om gesien, goedgekeur en deur ons pa's aanvaar word. Of dit nou 'n perfekte agteroor sprong van die duikplank is, 'n paar gooie met 'n rugbybal in die agterplaas, of A-simbole op jou rapport, ons wil hom hoor sê, " Ek is lief vir jou en baie trots op jou."



Dr. Peggy Drexler het oor 'n navorsingstudie onder 75 hoogs-presterende vroue, in "Psychology Today", die volgende geskryf. "Dit maak nie saak hoe suksesvol hul loopbane was, hoe gelukkig hul huwelike, hoe vervullend hul lewens nie, al die vroue het gesê dat hulle geluk afhang van hul pa's se reakies daarop...Selfs onder vroue wie se pa's hulle afgeskeep of verwaarloos het, het sy 'n honger na goedkeuring gevind."



In sy boek, "Man Enough", skryf Dr. Frank Pittman oor dieselfde honger na goedkeuring onder mans: "Vir die meeste seuns en baie mans is die lewe 'n frustrerende soeke na die verlore vader wat nog nie beskerming, voorsiening, koestering, 'n voorbeeld, of, veral, salwing gegee het nie."



Hier verwys die woord "salwing" om gekies, geseên…goedgekeur te wees. Dit is 'n aanduiding van iets in ons innerlike bedrading wat maak dat ons almal hunker na die goedkeuring en bewondering van 'n pa.



Miskien was hierdie seën altyd daar in jou lewe. As dit was, neem vandag 'n oomblik, as jy kan, om jou pa te vertel hoe dankbaar jy teenoor hom is! As dit nie daar was nie, dan is jy nie alleen nie. Volgens die V.S.A se sensusburo, leef meer as een uit elke vier kinders vandag sonder a vader in die huis. In baie gevalle is woorde soos, "bewondering," "goedkeuring" of "bevestiging" die laaste woorde wat ons sal kies om 'n vader te beskryf. Die woorde wat moontlik in ons gedagtes sal opkom is:



Afwesig.


Kwaai.


Mishandeling.


Afsydigheid"



Dis geen wonder dat hierdie generasie as "vaderloos" bekendstaan nie.



Maar daar is vandag baie goeie nuus vir ons almal. Ongeag die karakter van jou aardse vader of die toestand van jou verhouding met hom, daar is 'n volmaakte Vader wat graag in 'n volmaakte verhouding met jou wil wees. Jy het al klaar Sy toegeneentheid. Jy het al klaar Sy liefde. Hy wag om Sy seën oor jou uit te stort. Hy is alles wat jy wou hê jou aardse vader moet wees en nog baie meer.



Gedurende die volgende vyf dae sal ons sien hoe ons as Sy geliefde seuns en dogters, vryheid kan vind.