Nie versaak nie: Ontdek die vryheid as seuns en dogters van 'n volmaakte VaderVoorbeeld

Not Forsaken: Finding Freedom as Sons & Daughters of a Perfect Father

DAG 4 VAN 5

Dag 4:

Daar is geen tekort aan DNS toetse op die mark, wat belowe om ons te vertel van ons familie se geskiedenis en genetiese samestelling nie. Hulle bevestig 'n universele waarheid: of ons nou daarvan hou of nie, al ons fisiese eienskappe kom van ons ouers af. En hoe ouer ons word, hoe meer besef ons dat baie van ons persoonlikheids-eienskappe ook van hulle af kom.

Miskien hou jy daarvan. Miskien irriteer dit jou so bietjie. Miskien slaan dit jou heeltemal plat.

Miskien is die laaste ding wat jy wil hê, dat dit jou voorouers se bloed is wat deur jou are pomp.

Die Skrif spreek ons familiestamboom in 'n kragtige, hoopvolle manier aan. Dit belowe aan ons 'n beter stamboom — 'n ewige familiestamboom. Johannes 1:12 vertel ons dat Jesus, dié wat in Hom glo, die reg gegee het om kinders van God te word. Hy bied ons 'n nuwe familiestamboom en die geleentheid om wedergebore te word, lewend met 'n nuwe geestelike DNS. Hoe het Hy dit reggekry? Deur 'n ander boom—die kruis.

Jesus het gekom om te sterf, Homself te offer. Hy het met ons plekke geruil. Die sondelose Seun van God het ons sonde op Hom geneem en in ons plek gesterf, sodat ons seuns en dogters van die Allerhoogste kon word. Die volmaakte Seun van God was verlate en verwerp sodat ek en jy nooit hoef te wees nie. Ons sal nooit verlaat word nie, want Jesus was in ons plek verlate.

Met sy dood aan 'n kruis, het Jesus ons ingeënt in 'n nuwe familie — die gesin van God. Met sy opstanding het Hy die dood beroof van sy mag oor dié wat aan hierdie gesin behoort. In sy gesin lewe ons almal onder die waterval van ons Vader se seën. As sy seuns en dogters leef ons in hierdie werklikhede!

* Ons sal nooit God se omgee ontgroei nie.

* Ons sal nooit God se liefde kan uitput nie.

* Ons sal nooit buite God se bereik kan wees nie.

* Ons sal nooit deur God se vingers glip nie.

* God sal al ons behoeftes bevredig.

In Christus is jy uitgekies, geliefd, word jy waardeer, wil Hy jou hê en glo Hy in jou - jou volmaakte Vader.

Aangaande hierdie leesplan

Not Forsaken: Finding Freedom as Sons & Daughters of a Perfect Father

Louie Giglio, Pastoor en Stigter van "Passion Movement", deel in hierdie 5-dag Bybelleesplan hoe om die karakter van God op `n lewensveranderende manier te verstaan — as 'n volmaakte Vader wat wil hê jy moet in vryheid wandel, as sy geliefde seun of dogter.

More

Ons wil graag Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://notforsakenbook.com/