Nie versaak nie: Ontdek die vryheid as seuns en dogters van 'n volmaakte VaderVoorbeeld

Dag 3:
"Ek sal nooit my pa vir ______ vergewe nie."
Het jy al ooit so gevoel?
Elke menslike verhouding op hierdie aarde verwag van ons om vergifnis te gee en te ontvang.
Dis glad nie anders met ons aardse pa's nie. Die ding aangaande vergifnis is dat ons kan kies om dit te gee of te weerhou.
Dit kan aanloklik lyk om vergifnis te weerhou van diegene wat ons seergemaak het. Die vyand mislei ons om te dink dat wanneer ons iemand nie vergewe nie, het ons 'n soort mag oor daardie persoon. Maar in werklikheid, deur nie te vergewe nie is ons eintlik besig om aan te hou om die verlede -- die verkeerde dinge wat aan ons gedoen is en die mense wat dit aan ons gedoen het -- mag oor ons te gee.
Dink so daaroor. Elke keer wanneer jy sê, "Ek sal hom nooit vir ______ vergewe nie," herleef jy daardie oomblik van pyn en versterk jy die belangrike plek wat dit in jou gedagtes het. Jesus het nie vir ons gesterf sodat ons slawe van ons verlede moet wees nie; Hy het elke verkeerde daad wat aan ons en deur ons gedoen is gedra sodat ons ten volle en in vryheid kan leef.
Die geheim om in staat te wees om hulle te vergewe wat ons te na gekom het, ons vaders ingesluit, is om die kruis te sien. Met ons oog op die kruis, besef ons hoe groot ons sonde is en hoe baie dit vir God gekos het — die lewe van sy Seun! — om ons te vergewe. Wanneer ons hierdie oorvloed van onverdiende genade wat ons ontvang het herken, sal ons begin sien dat ons vergifnis kan gee aan die wat ons te na gekom het, insluitend ons pa's.
Moenie my verkeerd verstaan nie. Vergifnis beteken nie om jouself skade aan te doen deur mishandeling te ignoreer of te ontken nie, en dit beteken ook nie om te maak of dit nie sonde is nie. God het dit nie vir ons gedoen nie. Inteendeel, Hy het geregtigheid gebring deur al ons verkeerde dade op sy onskuldige Seun te plaas.
Die volle gewig van God se toorn vir elke verkeerde daad wat jou vader dalk aan jou gedoen het, was aan die kruis op Jesus uitgegiet.
Wanneer ons dit begryp, is ons vrygemaak om ons vaders te kan vergewe. En soos ons vergifnis aan hulle gee, het ons eintlik geleentheid om 'n seën wat ons nooit van ons aardse vaders ontvang het nie, deur ons familiestamboom te stuur. Op hierdie manier kan ons die evangelie uitleef om genade te betoon aan hulle wat dit nie verdien nie.
Ontvang die seën van vergifnis van jou hemelse Vader. Gee die seën van vergifnis aan jou aardse vader, en leef in vryheid in die wete dat jou hemelse Vader belowe het om vir ewig elke verkeerde daad reg te stel en elke traan af te vee.
Aangaande hierdie leesplan

Louie Giglio, Pastoor en Stigter van "Passion Movement", deel in hierdie 5-dag Bybelleesplan hoe om die karakter van God op `n lewensveranderende manier te verstaan — as 'n volmaakte Vader wat wil hê jy moet in vryheid wandel, as sy geliefde seun of dogter.
More