Nie versaak nie: Ontdek die vryheid as seuns en dogters van 'n volmaakte VaderVoorbeeld

Not Forsaken: Finding Freedom as Sons & Daughters of a Perfect Father

DAG 2 VAN 5

Dag 2:

Waaraan dink jy wanneer jy aan God dink?

Die teoloog A. W. Tozer, het 'n beroemde stelling gemaak dat ons antwoord op hierdie vraag die belangrikste ding aangaande ons is. Dus, waaraan dink jy wanneer jy aan God dink?

Sommige van ons dink God is daar, maar nie eintlik in ons lewens betrokke nie. Hy het die aarde gemaak, dit laat begin draai en nou sit Hy agteruit en kyk hoe dit self voortgaan.

Andere dink weer God is basies 'n goeie ou wat wil hê ons moet almal goed wees en 'n goeie lewe lei, maar is 'n bietjie hardhorend, uit voeling en basies te swak om enigiets wesenlik te doen.

Nog ander mense dink weer God is 'n genadelose diktator, a kosmiese pretbederwer wat slegs bestaan om vir ons te sê wat ons nie mag doen nie.

Hierdie en baie ander voorstellings van God is algemeen, maar verkeerd! Jy sien, God is nie jou kosmiese bediende in die lug, of jou hardhorende oupa of 'n veraf newelagtige krag nie. Hy is ons Vader. Dwarsdeur die Skrif stel God Homself primêr as ons Vader voor. Jesus self verwys 189 keer in die vier evangelies — Matteus, Markus, Lukas, en Johannes — na God as Vader. Dis duidelik dat dit vir ons noodsaaklik is om in dieselfde verband aan God te dink.

Dit bring egter 'n tweede vraag na vore. Waaraan dink ons wanneer ons aan die Vader dink?

Ons ondervindinge, goed of sleg, met ons aardse vaders bepaal grootliks hoe ons hierdie vraag beantwoord. As gevolg hiervan mag "Vader" dalk niks anders vir jou beteken as "pretbederwer", "hardhorende oupa," of "newelagtige krag" nie.  Ongeag ons ondervindinge met ons aardse pa's, het ons almal tog al die hunkering na 'n volmaakte vader ervaar.

Dink 'n bietjie oor hierdie hunkering of verlange. Hoe het jy altyd gewens jou pa moes wees?

Vandag is dit die wonderlikste en mees bevrydende nuus vir jou en my: God is die volmaakte Vader. Hy's nie net a groter weergawe van jou aardse pa nie, Hy is die volmaakte Vader. Hy is die antwoord op elke verlange na 'n pa se aanvaarding, goedkeuring, ondersteuning en liefde wat jy ooit sal ervaar.

Dit beteken dat ons elkeen – ongeag hoe wonderlik, afwesig, beledigend of afsydig ons aardse vaders was of is – het die geleentheid om te lewe as geliefde dogters en seuns van 'n volmaakte Vader. As ons so na God kyk, kan dit ons verhouding met Hom en met ons aardse vaders ten beste herskep.

Aangaande hierdie leesplan

Not Forsaken: Finding Freedom as Sons & Daughters of a Perfect Father

Louie Giglio, Pastoor en Stigter van "Passion Movement", deel in hierdie 5-dag Bybelleesplan hoe om die karakter van God op `n lewensveranderende manier te verstaan — as 'n volmaakte Vader wat wil hê jy moet in vryheid wandel, as sy geliefde seun of dogter.

More

Ons wil graag Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://notforsakenbook.com/