Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 347 VAN 365

Moenie huiwer om genade te betoon nie

In 'n Bybelse gemeenskap sal mense genade ervaar. Gemeenskap is 'n plek van genade waar foute nie beklemtoon word nie, maar uitgevee word. Gemeenskap vind plaas wanneer genade oor geregtigheid seëvier.

Ons het almal genade nodig, want ons almal struikel en val en het hulp nodig om weer op koers te kom. Ons moet genade aan mekaar bewys en bereid wees om dit van mekaar te ontvang.

Dit is onmoontlik om Bybelse gemeenskap te hê sonder vergifnis, want bitterheid en gegriefdheid sal altyd gemeenskap vernietig. Soms maak ons mekaar doelbewus seer en soms per ongeluk, maar in elke geval verg dit groot hoeveelhede barmhartigheid en genade om gemeenskap te skep en te behou.

Die Bybel sê: "Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe" (Kolossense 3:13).

Die genade wat God aan ons bewys, is die motivering vir ons om genade aan ander te bewys. Elke keer as jy deur iemand seergemaak word, het jy 'n keuse: sal ek my energie en emosies gebruik vir vergelding of vir 'n oplossing?

Jy kan nie albei doen nie.

Baie mense is huiwerig om genade te betoon omdat hulle nie die verskil tussen vertroue en vergifnis verstaan nie. Vergifnis is om die verlede te laat vaar. Vertroue het te doen met toekomstige gedrag.

Vergifnis moet onmiddellik wees, ongeag of iemand daarvoor vra of nie. Vertroue moet oor tyd herbou word. Die beste plek om vertroue te herstel, is binne die verband van 'n ondersteunende kleingroepie wat aanmoediging en aanspreeklikheid bied.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com