Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 348 VAN 365

Moenie versoeking bekragtig nie

Het jy al ooit na 'n kos-advertensie op die televisie gekyk en skielik honger gevoel? Het jy al ooit die impuls gekry om jou keel skoon te maak as jy iemand hoor hoes? Het jy al ooit gevoel jy wil gaap as jy iemand sien gaap?

Dit is die krag van subtiele suggestie wat jou denke beïnvloed. Dit is in ons aard om nader te beweeg aan dít waarop ons aandag gefokus is. Hoe meer jy aan iets dink, hoe 'n sterker houvas sal dit op jou kry.

Dit is hoekom dit 'n selfverydelende taktiek is om aan jouself te herhaal: "Ek moet ophou om so baie te eet" of "Ek moet ophou rook" of "Ek moet my wellustige gedagtes staak." Dit hou jou gefokus op dit wat jy probeer vermy. Dit is soos om te sê: "Ek gaan nooit doen wat my ma gedoen het nie." Jy is besig om jouself in rat te kry om dit te herhaal.

Versoeking begin by dit wat jou aandag in beslag neem. Wat jou aandag in beslag neem, wek jou emosies op en dan gaan jou emosies jou optrede bepaal. Hoe meer jy vir jouself sê: "Ek wil dit nie doen nie", hoe meer gaan jy vasgevang raak in die strik van versoeking.

Om 'n versoeking te ignoreer, is baie effektiewer as om dit te weerstaan. Wanneer jou gedagtes eers op iets anders gerig is, verloor versoeking sy houvas op jou. Wanneer versoeking dus oor jou pad kom, moet dit nie probeer weerstaan nie. Draai net daarvan weg en ignoreer dit.

Soms gaan dit beteken jy moet jouself fisiek uit omstandighede of plekke verwyder waar jy versoek kan word. Dit is sulke kere wanneer dit reg is om weg te stap. Staan op en skakel die televisie af. Stap weg van die groep af wat skinder. Verlaat die teater in die middel van 'n rolprent.

As jy dit wil vermy om gesteek te word, bly weg van die bye af!

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com