Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 350 VAN 365

Helende keuses: 'n Gesonde afhanklikheid

In geloofwaardige Christen-gemeenskappe leer ons die kuns van gee en ontvang. Ons leer gesonde maniere om op mekaar staat te maak.

Die Bybel sê: "God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra" (1 Korintiërs 12:24-25).

Wederkerigheid is die hart van gemeenskappe: om wedersydse verhoudinge te bou, om verantwoordelikhede te deel, en om mekaar te help. Paulus sê: "Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s'n en julle deur myne" (Romeine 1:12).

Ons is almal meer bestendig in ons geloof wanneer ander die pad saam met ons stap en ons bemoedig. Die Bybel gee ons die opdrag vir wedersydse verantwoordelikheid, wedersydse bemoediging, wedersydse bediening, en wedersydse eerbewys.

Ons kry meer as vyftig keer in die Nuwe Testament die opdrag om verskillende take vir "mekaar" en "ander" te doen. Die Bybel sê: "Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder" (Romeine 14:19).

Jy is nie verantwoordelik vir almal in die liggaam van Christus nie, maar jy het 'n verantwoordelikheid teenoor hulle. God verwag van jou om te doen wat jy kan om hulle te help.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com