Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Helende keuses: opregte vriendskappe
Gelowiges behoort opregte vriendskappe te ervaar.
Opregte vriendskappe is nie oppervlakkig en aangeplak nie. Dit behels dat jy jou diepste gevoelens met iemand deel.
Sulke vriendskappe ontwikkel wanneer ons eerlik is oor wie ons is en wat in ons lewens aan die gebeur is. Dit ontwikkel wanneer ons ons pyn deel, ons gevoelens bekendmaak, ons mislukkings bely, ons twyfel blootlê, ons vrese en swakhede erken en hulp en gebed vra.
Ongelukkig is sulke soort vriendskappe net die teenoorgestelde van wat ons in baie kerke vind. In plaas van 'n atmosfeer van eerlikheid en nederigheid, raak ons betrokke in voorgee, rolspel, politieke stryd, oppervlakkige vriendelikheid en nuttelose gesprekke. Ons begin maskers dra, hou 'n mooi front voor en maak asof alles in ons lewens reg verloop. Sulke gedrag versmoor opregte vriendskap.
Slegs wanneer ons oop kaarte speel oor ons lewens, kan ons opregte vriendskappe ervaar. Die wêreld dink dat intimiteit in die donker plaasvind, maar God sê dit gebeur in die lig. Ons gebruik die donker om ons seer, foute, vrese, mislukkings en gebreke weg te steek. In God se lig kan ons egter al hierdie dinge openbaar maak en erken wie ons regtig is.
Dis hoe ons geestelik kan groei en emosioneel gesond kan wees. Die Bybel sê: "Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word" (Jakobus 5:16).
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More
Verwante Leesplanne

Herskep

Noodsaaklikhede vir die Lewe

God Se Droom Vir Jou Lewe

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Die krag van ’n biddende vrou

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Tye van groei
