Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God sê jy is bekwaam
Ek het al verskeie persone ontmoet wat volgens die wêreld se standaarde as hoogs suksesvol gereken word. Tog voel baie van hulle onbekwaam, onseker en onbevoeg.
Hoe voel jy? Dalk kyk jy na jou lewe en dink dit verloop goed. Natuurlik het jy probleme, maar gemeet teen ander, sal jy waarskynlik as suksesvol beskou word. Tog is daar steeds 'n knaende gevoel van onsekerheid, 'n gebrek aan selfvertroue en 'n gevoel van onbekwaamheid. Waarom dan?
Dis omdat jy steeds na ou stemme uit jou verlede luister, en hulle is nou nog minder waar as wat hulle toe was. Stemme uit die verlede wat dinge kwytraak soos: "Jy maak nie saak nie." God sê: "Jy maak saak!" 'n Stem sê: "Jy is 'n verloorder." God sê: "Jy is nie!" 'n Stem uit die verlede sê: "Jy sal nooit suksesvol wees nie." God sê: "Jy is vir My belangrik!"
Jy moet ophou om na daardie leuens te luister en begin om God te glo. Hou op om na die verwronge beeld te kyk wat jou eweknieë, vennote en ouers aan jou voorgehou het. Begin om gedurig te herhaal wat God oor jou sê: "Ek word aanvaar, ek is beminlik, ek is waardevol, ek is vergifnis werd en ek is bekwaam."
Vir wie gaan jy glo? Wat ander mense oor jou sê of wat God oor jou sê?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More