Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 351 VAN 365

God sê jy is aanvaarbaar

Ons is meestal geneig om ons selfvertroue te baseer op wat ander mense dink, dus wend ons alle pogings aan om aanvaar te word. Ons koop dinge, dra dinge en sluit by dinge aan — net vir die voordeel daarvan om deur ons vriende, familie, medewerkers en ons portuurgroep aanvaar te word.

Sê God jy moet aanvaarding verdien? Dat jy dit ooit kan verdien? Nee. Die Bybel sê net: God het jou aanvaar.

As jy 'n gelowige is, dan het jy Jesus in jou lewe aanvaar. Verstaan jy egter dat Jesus jou aanvaar het? Hy het jou onvoorwaardelik lief en aanvaar jou vir wie jy is.

Daar is sommige wat grootgeword het met ouers wat moeilik was om tevrede te stel. Ongeag wat jy gedoen het, was dit nooit, ooit goed genoeg nie. Selfs vandag probeer jy nog om hulle liefde en goedkeuring te verdien.

Indien dit die geval is — met jou ouers of enigiemand anders wat jy probeer tevrede stel — is daar twee dinge wat jy moet weet:

Eerstens: die kanse is baie skraal dat jy ooit daardie goedkeuring of aanvaarding sal kry. Nie as gevolg van wie jy is nie, maar as gevolg van wie die ander persoon is. Tweedens: jy het nie die goedkeuring nodig nie, want jy is vir God aanvaarbaar. Jy het niemand se goedkeuring nodig om gelukkig te wees nie.

Jy het slegs die liefde en goedkeuring van een Persoon nodig en dit het jy reeds: God sê jy is aanvaarbaar!

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com